Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Kansellasies vir blyplekke in brandpunte stroom in

Nadat die strande en ander swemplekke in die brandpunte langs die kus gesluit is, stroom die kansellasies in van vakansiegangers.

Meer as 339 besprekings is al in die Wes-Kaap gekanselleer. Foto: Jacques Marais

Volgens Theresa Emerick, besturende direkteur van NightsBridge, verskaffer van aanlyn besprekingstelsels vir akkommodasie, stroom die kansellasies in, veral vir plekke soos Ballito, Umhlanga en Margate waarheen mense op pad was vir ’n strandvakansie.

Dit volg nadat pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand aangekondig het dat meer as 20 plekke as brandpunte verklaar is en dat strande asook riviere, mere en ander swemplekke sluit.

In KwaZulu-Natal is 163 besprekings vir Januarie in veral Ballito, Umhlanga en Margate gekanselleer in die 12 uur sedert die aankondiging.

Sy sê dubbel soveel kansellasies is reeds in dié 12 uur gekry as toe die Tuinroete se strande gesluit is.

In die Wes-Kaap is kansellasies ook vir oornagplekke in Beaufort-Wes gekry en in die wynlande in Stellenbosch en Franschhoek, asook in Hermanus. Knysna en Wildernis het ook nog kansellasies gekry.

In geheel vir die Wes-Kaap is 339 besprekings gekanselleer.

Meer oor:  Inperkings  |  Pandemie  |  Blyplekke  |  Kansellasies  |  Strande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.