Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Kerstyd help Mr Price (effens) in droewige kwartaal
Die Mr Price-groep het treurige verkoopsyfers vir die derde kwartaal aangemeld, ten spyte van verkope wat in Desember oor die Kerstyd verbeter het.

Die Mr Price-groep het treurige verkoopsyfers vir die derde kwartaal aangemeld, ten spyte van verkope wat in Desember oor die Kerstyd verbeter het.

Sy aandeelprys het net ná die opening van die mark met R9,3 of 5,7% tot R154,49 geval.

In geheel het sy verkope in die drie maande met 0,5% tot R6,1 miljard gedaal.

Dit is vergeleke met ’n styging in sy verkope in die ooreenstemmende tydperk van 2015 wat met 6,5% gestyg het.

Sy inflasie was hemelhoog teen 10,8% vergeleke met ’n jaar vantevore toe dit 6,6% was.

As die impak van nuwe winkels wat geopen is in die afgelope jaar uitgesluit word, het verkope met amper 3% gedaal.

Dit dui op hoeveel produkte verbruikers minder in sy winkels gekoop het in die eerste kwartaal van die tweede helfte van sy boekjaar.

In die eerste helfte van sy boekjaar het sy resultate reeds beleggers teleurgestel toe sy verkope amper nie gegroei het nie en uitgesluit nuwe winkels gedaal het. Dit is toe onder meer toegeskryf aan die swak ekonomiese tye en ’n warmer as verwagte winter, asook mededingers wat vinniger met afslagpryse begin het voor Mr Price.

Ten spyte daarvan is die groep hoopvol ’n meer besadige ekonomiese omgewing sal beplanning bevorder en tot laer produkinsetkoste lei.
Stuart Bird

Sy MRP-klerewinkels wat net minder as twee-derdes van sy verkope verteenwoordig het met 1,1% gedaal terwyl hy uitgesluit nuwe winkels ’n daling van 3,6% gehad het.

Mr Price Home wat amper ’n derde van sy verkope verteenwoordig het met 1,2% gestyg, maar uitgesluit nuwe winkels daal sy verkope ook met 1%.

Stuart Bird, uitvoerende hoof, en die bestuur sê in die handelsoorsig verkope het tot einde Desember oor die Kerstyd elke maand verbeter.

In Desember het sy klereverkope met 4,3% gestyg.

Hy sê die moeilike handelsomgewing waarna in die vorige verslagtye verwys is, het in die tweede helfte van sy boekjaar voortgeduur.

“Swak ekonomiese groei, lae vlakke van verbruikersvertroue en hoër pryse wat deur die swak en wisselvallige rand veroorsaak word, het tot ’n baie mededingende kleinhandelomgewing gelei,” sê hy.

Volgens hom is die baie en groot winskopies en promosies in die kwartaal voortgesleep.

Hy sê omdat hulle hul voorraad moes verminder het ook MRP-klerewinkels groot uitverkopings gehou.

Dit het ’n impak op die bruto winsmarge gehad, maar voorraadvlakke is nou beter as ’n jaar gelede.

Hy waarsku vorente gaan enige verbetering in die ekonomiese groei stelselmatig wees.

“Ten spyte daarvan is die groep hoopvol ’n meer besadige ekonomiese omgewing sal beplanning bevorder en tot laer produkinsetkoste lei.”

Meer oor:  Mr Price  |  Verkope  |  Kleinhandelaars  |  Klere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.