Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Kiks beklink 15 internasionale konferensies

Te midde van die uitdagings wat die koronaviruspandemie vir die konferensie- en uitstallingsbedryf wêreldwyd meegebring het, het die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) daarin geslaag om talle konferensies oor die volgende ses jaar te beklink.

Die Kiks sê in ’n verklaring hy het die afgelope 17 maande 15 internasionale konferensies bevestig wat 22 000 afgevaardigdes na Kaapstad sal bring.

Dit sal ook ’n finansiële inspuiting van R594 miljoen aan die Kiks en die plaaslike ekonomie gee.

Dit is reggekry ten spyte daarvan dat ondernemings en verenigings wêreldwyd hul standpunt oor sakereise revalueer.

Een van die vooraanstaande konferensies wat die Kiks beklink het, is dié vir die Afrika-olieweek as deel van ’n driejaarooreenkoms wat die Kiks met Hyve Group onderteken het. Dit word vroeg in November gehou.

Nege van die 15 konferensies sal met ’n handelsuitstalling gepaardgaan.

Taubie Motlhabane, uitvoerende hoof van Kiks, sê streng inperkings het ’n impak op hul normale verkopeproses gehad en die span moes alles van ’n afstand af doen.

“Ons neem enige potensiële kliënt via ’n virtuele toer deur die sentrum. Dit help hulle om die geriewe te sien en ’n gevoel vir die venue te kry,” sê Motlhabane.

Een van die konferensies wat bevestig is, is Afrika-olieweek. Foto: Verskaf

Kliënte word ook die opsie gegee om hibridiese of virtuele geleenthede aan te bied deur middel van Kiks se digitale platform, CTICC Engage.

Die Kiks se streng koronavirusprotokolle gee aan kliënte die nodige versekering ten opsigte van gesondheids- en veiligheidskwessies sodat hulle hul geleenthede met vertroue by ons kan bespreek, sê Motlhabane.

CTICC Engage maak dit vir professionele konferensie-organiseerders moontlik om naatlose intydse digitale geleenthede aan te bied.

Kiks het sy eie protokol vir die pandemie, bekend as C19-Care, ontwerp in samewerking met plaaslike en internasionale leiers in die gesondheid-, toerisme en konferensiebedryf in ooreenstemming met die nasionale departement van gesondheid se regulasies.

“Sedert die Kiks sy deure byna twee dekades gelede geopen het, fokus hy op die bou van ’n veerkragtige handelsnaam op die wêreldverhoog vir handelskonferensies en -uitstallings.

“Die volgehoue belangstelling die afgelope jaar in die Kiks as ’n venue vir veral konferensies en uitstallings in die mediese en wetenskaplike gemeenskap, is ’n teken van die sterkte en veerkragtigheid van die venue en die bestemming,” lui die verklaring.

Deon Cloete, voorsitter van die Kiks-maatskappy Convenco, sê die span by Kiks en hul vennote, soos die Cape Town & Western Cape Convention Bureau, het die geleenthede “in ’n uiters uitdagende jaar” beklink deur saam te werk en te wys dat die Kiks Afrika se voorste venue vir sakegeleenthede is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.