Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Kingston bedank glo as SAL-direkteur

Die departement van openbare ondernemings kon nie Vrydagmiddag bevestig of Martin Kingston, ’n direksielid van die SAL, bedank het nie.

Martin Kingston, een van die nie-uitvoerende direkteure van die SAL.

Dit kom nadat die joernalis en uitgewer Chris Yelland op Twitter laat weet het hy het verneem Kingston het Vrydag sy bedankingsbrief aan Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, oorhandig.

Woordvoerders van die departement het nog nie op navrae gereageer nie. Tlali Tlali, kommunikasiebestuurder van die SAL, het navrae na die departement verwys.

Dit kom te midde van ’n spannende paar dae tot Sondag 19 Januarie wanneer die SAL volgens sy sakereddingspraktisyns dringend die R2 miljard benodig wat die regering aan die lugdiens belowe het as deel van die poging om die staatsbeheerde lugdiens te red.

Die SAL het gewaarsku hy sal van sy vlugte moet staak as hy nie teen Sondag die geld het nie.

Tito Mboweni, minister van finansies, het Donderdag gesê daar word hard gewerk aan onderhandelings met banke om oorbruggingsfinansiering te kry om die geld te voorsien.

Kingston is ’n ervare sakeleier en was tot Maart verlede jaar die uitvoerende hoof van die bankgroep Rothschild & Co in Suid-Afrika. Hy is ook ondervoorsitter van die sakeliggaam Besigheidseenheid Suid-Afrika (Busa).

Hy dien sedert November 2017 in die direksie van die SAL.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.