Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Winkels reg om wynrakke te heropen
wyn
Kleinhandelaars is reg om Maandag wyn aan kliënte te verkoop. Foto: Unsplash

Winkelgroepe is reg om Maandag die verkope van alkohol te hervat en sê hulle verwag “groot geesdrif” van hul klante.

Die Spar-groep sê sy Tops-drankwinkels is gereed, Pick n Pay en Checkers is reg om die wynrakke in hul winkels te heropen en Pick n Pay sê sy drankwinkels is ook reg.

“Ons verwag baie geesdrif van klante en ons verskaffingsketting is gereed om rakke vol te hou,” sê Pick n Pay. Sy aanlyn winkel open binnekort vir bestellings.

Hy sê sy supermarkte en drankwinkels sal streng maatreëls volg en seker maak klante handhaaf ’n veilige afstand van mekaar af.

Checkers sê die plan is om al sy LiquorShops op 1 Junie om 09:00 te heropen.

Die groep is tevrede met die toegelate handelsure kragtens die regulasies vir vlak 3, naamlik Maandae tot Donderdae van 09:00 tot 17:00. Vrydae tot Sondae en vakansiedae is uitgesluit.

Voorafbestellings van wyn en drank is beskikbaar deur Checkers Food Services as deel van sy afleweringsdiens in Gauteng en die Wes-Kaap.

Massmart, wat drankwinkels by Game en Makro het, sê sy winkels gaan reg wees om op 1 Junie veilig en verantwoordelik te heropen. ’n Woordvoerder van Massmart sê hulle verwag ’n toename in vraag en werk saam met hul verskaffers om te verseker dat hulle hierin sal kan voorsien.

Die groep het hard gewerk om deeglike gesondheids- en veiligheidsmaatreëls te tref om personeel en klante te beskerm. Dit sluit in ekstra personeel en veiligheidswagte.

Ook Spar se Tops-drankwinkels beplan om Maandag almal te heropen.

Die wynprodusenteliggaam Vinpro het in kommunikasie aan sy lede gesê hy is dankbaar dat die verkope van drank hervat mag word.

Die vervoer van voorraad van verskaffers af mag op Vrydag 29 Mei begin onderhewig aan riglyne.

“Ons besef daar is nog ’n paar goed wat uitgeklaar moet word, soos die spesifieke riglyne wat nog uitgereik moet word. Ons span soek duidelikheid oor die besonderhede en sal dit kommunikeer sodra dit ontvang word.

“Maar intussen, laat ons dit vier dat die bedryf uiteindelik plaaslike verkope mag hervat as die volgende stap daarna om die bedryf te herbou ná die pandemie.”

Meer oor:  Spar  |  Checkers  |  Drankwinkels  |  Kleinhandel  |  Wyn  |  Vlak 3
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.