Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Klopjag op Iqbal Survé se kantoor gedoen

’n Klopjag is Woensdag deur die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) op die kantoor van die uitvoerende hoof van Independent Media Iqbal Survé gedoen.

Business Report wat deel van Independent Media is het net na 14:00 daaroor berig.

Die sakeman Iqbal Survé stel gedurende die jaar sy saak voor die kommissie van ondersoek oor die Openbare Beleggingskorporasie. Foto: Phill Magakoe

Die klopjag het net voor 09:00 Woensdagoggend begin.

Survé word aangehaal wat dié klopjag as ’n “visvang-ekspedisie” en ’n “intimidasie-taktiek” beskryf.

Die webtuiste berig volgens personeel het die FSCA saam die polisie op die kantore van Sekunjalo Holdings en African Equity Empowerment Investment (AEEI) sonder enige kennisgewing toegeslaan. Die kantore is in die hawe langs die V&A Waterfront geleë.

Hulle het probeer om skootrekenaars en ander rekenaars te konfiskeer.

Dit handel glo oor onreëlmatige handeldrywing in een van die maatskappye AYO waarin Survé belê is.

Ingesluit in die berig is ’n video van Survé wat aan die amptenare sê hy glo Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, sit agter die klopjag, berig Fin24.

So is op Twitter na die video verwys. 

“Julle gaan nie my skootrekenaar vat nie omdat daar vertroulike inligting op is,” sê Survé in die video.

Hy beweer die klopjag is om “inligting te kry wat hulle het op Gordhan en die president (Cyril Ramaphosa) wat sy verslaggewers die naweek gaan publiseer”.

Die FSCA ondersoek transaksies van Ayo vir markmanipulasie.

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het R4,3 miljard in Ayo belê in 2017.

Dié transaksie was vanjaar in die kollig by die kommissie van ondersoek oor die OBK. Fin24

Meer oor:  Independent Media  |  Fsca  |  Aeei  |  Iqbal Survé  |  Klopjag  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.