Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Koerierdienste floreer, maar lugvrag ly nog erg
vragvervoer

Koerierdienste floreer soos al hoe meer mense goedere aanlyn bestel en laat aflewer.

Ctrack se vervoer-en-vrag-indeks vir Junie wys dat die vervoer- en logistiekbedryf “verrassend” vinnig terugbons ná die inperking en dit word deels toegeskryf aan die groter volume goedere wat deur koerierdienste vervoer word.

Die volume vrag wat in Suid-Afrika op alle maniere – lug, spoor, see en pad – vervoer is, was in Junie 20,6% méér as in Mei; in Mei was dit op sy beurt 15,2% hoër as in April.

In die tweede kwartaal is 23,2% minder vrag as in dieselfde kwartaal van 2019 egter vervoer.

’n Uitsig op die Kaapse hawe se houerkaai. Foto: Transnet

Ctrack beskou die spoed waarteen die sektor terugspring as “verrassend” en waarsku dat dit dalk nie sal aanhou om in dubbelsyfers te groei nie.

Hein Jordt, uitvoerende hoof van Ctrack, sê hulle is “versigtig optimisties” omdat daar nog heelwat uitdagings met verskaffingskettings is wat te bowe gekom moet word. “Maar duidelik is die ergste nou vir die vervoer- en logistiekbedryf verby.”

Ctrack voorspel nog heelwat haakplekke en raam dat die bedryf meer as ’n jaar sal neem om ten volle van die pandemie en inperkings te herstel.

Die swak vraag onder groot- én kleinhandelaars gaan die sektor dalk nog lank raak.

Daar is ook steeds ’n tekort aan duurder verbruiksartikels soos selfone omdat lugvragvervoer nog glad nie genormaliseer het nie. Lugvrag was in die tweede kwartaal byna die helfte (46,6%) minder as wat dit ’n jaar gelede was.

Meer oor:  Ctrack  |  Inperking  |  Logistiek  |  Covid-19  |  Vervoer  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Vlak 3
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.