Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Kom verduidelik, sê parlement aan SAL-sakeredders

Die parlement gaan die sakereddingspraktisyns van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) nooi om hom toe te spreek oor hul planne om die nasionale lugdiens reg te ruk.

Die SAL wag nog om te hoor of daar geld gaan wees om sy bedrywighede aan die gang te hou. Foto: Reuters

Khaya Magaxa, voorsitter van die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings, het Woensdag gesê die sakereddingspraktisyns sal gevra word om met die komitee te kom praat oor hul planne om dinge by die lugdiens om te keer.

Dit kom te midde van die nuus dat die SAL nou nog nie die vereiste R2 miljard van die regering ontvang het as deel van die verbintenis einde 2019 dat banke R2 miljard sou uitleen en die regering R2 miljard sou gee om die lugdiens deur die sakereddingsproses te help.

Die komitee wil ’n goed deurdagte strategie sien oor hoe daar oor staatsondernemings toesig gehou word, eerder as ’n krisisgedrewe en ad hoc-benadering, sê Magaxa.

Volgens hom sal die komitee ook met ander belanghebbers in die lugdiensbedryf skakel.

Meer oor:  Parlement  |  Sal  |  Likwidasie  |  Lugdiens  |  Sakeredding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.