Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Kommissie hervat sittings oor OBK
Die logo van die Openbare Beleggingskorporasie by sy kantoor in Menlyn, Pretoria.

Die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) hervat Maandag sy openbare sittings in Pretoria.

Dié kommissie het reeds getuienis gehoor oor verliese van miljarde rande, swak besluite, finansiële state wat bekook is en romantiese verhoudinge wat beleggings kon beïnvloed het.

Hoewel die kommissie nié voor die tyd bekend maak wie voor hom getuig het nie, het dit uit ’n vorige sitting geblyk dr. Dan Matjila, voormalige uitvoerende hoof van die OBK, sal wel voor die kommissie getuig.

Lees ook: Daniel Matjila kom dalk by OBK-kommissie getuig

Verteenwoordigers van die JSE sal ook na verwagting binnekort getuienis lewer.

Gill Marcus, een van die kommissarisse by die ondersoek, het op 8 April gesê: “Gegewe die bewerings wat dr. Iqbal Survé gemaak het dat die JSE en die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) die notering van Sagarmatha doelbewus gesink het, is dit belangrik om die JSE te versoek om voor die kommissie te verskyn en te kom verduidelik wat presies in daardie stadium gebeur het.

Marcus staan regter Lex Mpati, wat aan die hoof van die kommissie staan, by.

Die JSE het sedertdien ook vir Ayo, nog ’n maatskappy wat aan Survé verbind word, aangesê om sy halfjaarresultate vir die afgelope twee jaar te laat hersien.

Die OBK-kommissie het twee weke lank nie gesit nie weens verskeie vakansiedae asook die verkiesing wat op 8 Mei plaasgevind het.

Die kommissie sal nou weer elke week tot aan die einde van Mei vir ten minste drie dae ’n week sit.

Meer oor:  Sagarmatha  |  Openbare Beleggingskorporasie  |  Jse  |  Obk  |  Ayo  |  Gill Marcus  |  Dan Matjila  |  Iqbal Survé  |  Lex Mpati  |  Obk-Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.