Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Kommissie nou slegs oop vir Covid-19-klagtes
Die departement van handel en nywerheid se gebou in Pretoria waar die Mededingingskommissie se hoofkantoor geleë is. Foto: Departement van Handel en Nywerheid

Die Mededingingskommissie sal gedurende die staat van inperking slegs klagtes aanvaar wat met die Covid-19-pandemie en die uitbuiting van verbruikers te doen het.

Die kommissie sê Dinsdag in ’n verklaring dat hy nie heeltemal gaan sluit nadat die staat van inperking Donderdagnag in werking getree het nie. Hy sal egter net die vermoë hê om klagtes aan te hoor oor kwessies wat verbruikers uitbuit te midde van die staat van inperking en die Covid-19-pandemie, byvoorbeeld soos die kunsmatige en buitensporige opblaas van pryse wat verbruikers in hierdie tyd kan uitbuit.

Die kommissie sê hy het reeds meer as 20 klagtes ontvang van gevalle waar kleinhandelaars die pryse van onder meer handreinigers, maskers en toiletpapier opgeblaas het.

’n Toegewyde span in samewerking met die Nasionale Verbruikerskommissie is oorgehaal om aan sulke klagtes aandag te gee en te keer dat nie-mededingende gedrag te midde van die staat van inperking opvlam.

Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, het verlede week regulasies in die Staatskoerant afgekondig, wat albei kommissies se hande sterk om teen ’n uitbuitende prysbeleid op te tree.

Die kommissie waarsku dat hy streng teen oortreders gaan optree.

Uitbuitende prysbeleid kan ’n onderneming 10% van sy totale jaarlikse omset kos as dit ’n eerste oortreding is, en 25% van sy jaarlikse omset indien daar ’n vorige oortreding was. Direkteure van maatskappye wat hulle boonop aan samespanning skuldig maak, kan tot tien jaar tronk toe gestuur word, waarsku die kommissie.

Intussen vra die kommissie dat geen ander tipe klagtes nou aanhangig gemaak word nie en dat slegs samesmeltings en probleme van ondernemings wat sukkel, oorweeg sal word.

Die kommissie doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om hom onmiddellik met inligting oor moontlike oortredings verwant aan die Covid-19-virussiekte te kontak. Die kommissie kan tolvry by 0800 014 880 geskakel word.

Shadrack Rambau, die kommissie se hoof van keuring, kan ook regstreeks by 084 743 0000 deur middel van ’n oproep of ’n WhatsApp-boodskap in kennis gestel word. Hy kan ook per e-pos by shadrackr@compcom.co.za of ccsa@compcom.co.za gekontak word.

Meer oor:  Koronavirus  |  Mededingingskommissie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.