Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Kommissie wil invoerders van tekstiele vasvat
Die Nasionale Verbruikerskommissie is bekommerd oor invoerders van tekstiele wat sy beamptes probeer omkoop. Foto: PIxabay

Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) gaan streng optree teen invoerders van tekstielprodukte wat sy inspekteurs probeer omkoop.

Die NVK sê in ’n verklaring dat hy bekommerd is oor die pogings deur sekere verskaffers aan die bedryf om beamptes om te koop om op dié manier nie aan die Wet op Verbruikersbeskerming te voldoen nie.

Thezi Mabuza, waarnemende kommissaris van die NVK, sê die kommissie se ondersoekbeamptes word deur die wet bemagtig om besendings wat verkry word, en veral elke besending wat deur doeanebeamptes teruggehou word, te ondersoek om vas te stel of dit aan die wetlike vereistes voldoen.

“Hoewel die regering mense aanmoedig om hul eie ondernemings te begin, sal die NVK dit nooit duld dat gewetenlose verskaffers probeer om inspekteurs om te koop nie.

“Ons beamptes sal voortgaan om hierdie inspeksies te doen om te verseker dat verskaffers wel aan die wet voldoen. Waar daar ’n redelike vermoede bestaan dat verskaffers die wet oortree, sal ons beslis die nodige stappe doen,” waarsku sy.

Luidens art. 24(5) van die wet moet klere wat na Suid-Afrika ingevoer word, ’n etiket hê wat nie net permanent aan die kledingstuk vasgewerk is nie, maar ook:

Die land vanwaar dit ingevoer is en enige ander inligting insluitende die oorsprong van die materiaal wat gebruik is, hetsy of dit van plaaslike of internasionale oorsprong is.

Die kommissie sê die plaaslike tekstielbedryf ly daaronder wanneer goedkoper tekstiele en klere van oorsee ingevoer word.

Die kommissie sê hy is ook bekommerd oor baie Suid-Afrikaanse kleinhandelaars wat goedere verkoop met etikette waarvan die inligting daarop misleidend is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.