Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Konstruksie is in sak en as - selfs voor Covid-19

Suid-Afrika se konstruksiebedryf is in sak en as – en was so nog voordat die koronaviruspandemie verwoesting in die land se ekonomie gesaai het.

Die Suid-Afrikaanse konstruksiesektor was reeds voor die uitbreking van die Covid-19-pandemie onder groot druk. Foto: Unsplash

Die Afrimat-konstruksie-indeks vir die eerste kwartaal van die jaar wys dat dié sektor reeds voordat die staat van inperking einde Maart ingestel is, onder geweldige druk was.

Die indeks – wat die waarde van voltooide geboue, goedgekeurde bouplanne en die waarde en volume van boumateriaal meet – het in die eerste kwartaal met 12,6% gedaal teenoor die laaste kwartaal van 2019.

Dit is ook nou 27% laer as die hoogtepunt van 133 punte in die vierde kwartaal van 2016.

Die ekonoom dr. Roelof Botha, wat die indeks namens die genoteerde boumateriaalgroep Afrimat opstel, sê dis veral kommerwekkend om te sien hoe die vierdekwartaal-gemiddelde ook daal.

Dié gemiddelde word gebruik om ’n oorhoofse neiging aan te dui waarin seisoenale neigings uitgekanselleer word.

Botha sê wat hom tot kommer stem oor die daling nog voor die staat van inperking, is dat dit gedryf is deur hoofsaaklik die dramatiese daling in die waarde van goedgekeurde bouplanne, asook die daling in die volume boumateriaal wat verkoop is en die prys waarteen dit verkoop is.

Hy sê dit lyk asof die probleem óf spruit uit die vertraging van munisipaliteite se prosesse om bouplanne goed te keur, óf dat ontwikkelaars bloot nie genoeg vertroue in die bedryf het om nuwe projekte te begin nie en dat hulle dus nie planne vir goedkeuring ingedien het nie.

Botha verwag dat die indeks in die tweede kwartaal verder teruggesak het weens die impak van die staat van inperking, maar dat sake teen die derde kwartaal beduidend gaan verbeter.

Hy sê daar is veral hoop dat die infrastruktuurprojekte wat pres. Cyril Ramaphosa onlangs aangekondig het, die sektor gaan help om kop op te tel.

Ramaphosa het op 23 Junie op die simposium oor volhoubare infrastruktuurontwikkeling gesê die land het groot planne hiervoor. Volgens Ramaphosa is daar reeds 55 projekte wat gereed is vir die mark.

LEES OOK: Konstruksie skepties oor al Cyril se projekte

Andries van Heerden, uitvoerende hoof van Afrimat, sê ook hy glo dat die sektor binnekort weer op dreef sal kom.

“Dit is goed vir ondernemings wat betrokke is by die ontwikkeling van infrastruktuur en die hele verskaffingsketting, veral die konstruksiesektor, en ons hoop dat dit herstel kan meebring en werkloosheidsvlakke kan verlaag,” is sy reaksie op Ramaphosa se aankondiging.

Meer oor:  Afrimat  |  Roelof Botha  |  Inperking  |  Covid-19  |  Konstruksie  |  Vlak 3  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Konstruksiebedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.