Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Konstruksie: Tot 140 000 kan hul werk verloor

Die konstruksiesektor kan vanjaar met tot 18% inkrimp weens die koronaviruspandemie en tot 140 000 mense kan hul werk in dié sektor verloor, wys navorsing van Industry Insight.

Die konstruksiesektor verkeer weens die staat van inperking onder groot druk. Foto: Pixabay

Cobus Bedeker, besturende direkteur van Evergreen Property Investments, sê Dinsdag in ’n verklaring dit is uiters belangrik dat konstruksieprojekte so gou moontlik weer op dreef kom.

Hy sê die sektor het reeds ’n taakspan saamgestel om te bepaal hoe alle belanghebbendes op kort- tot mediumtermyn bygestaan kan word.

Dr. Roelof Botha, die ekonoom wat die Afrimat-konstruksie-indeks namens dié genoteerde maatskappy opstel, het onlangs gewaarsku dat die sektor op vlak 3 van die inperking onder groot druk bly.

Dié indeks – wat die waarde van voltooide geboue, goedgekeurde bouplanne en die waarde en volume van boumateriaal meet – het in die eerste kwartaal met 12,6% teenoor die laaste kwartaal van 2019 gedaal.

Botha verwag dat dit verder gedaal het in die tweede kwartaal, voordat dit hopelik in die derde kwartaal weer sal styg.

LEES OOK: Konstruksie in sak en as – selfs voor Covid-19

Bedeker sê die invloed van die pandemie op die sektor kan duidelik gesien word in byvoorbeeld Evergreen Lifestyle, wat weens die pandemie werk op sewe van sy bestaande en nuwe projekte moes staak.

Evergreen ontwikkel aftreeoorde.

Sowat 7 000 mense was by Evergreen in diens toe die staat van inperking ingestel is.

Bedeker sê projekbestuurders sal moet begin dink oor stelsels om die aantal werkers op ’n bouperseel tot die minimum te beperk sodat aan die regulasies vir die handhawing van ’n veilige afstand voldoen kan word, terwyl hulle verseker dat projekte hul mylpale binne die voorgeskrewe tydlyne behaal.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Konstruksiebedryf  |  Vlak 3  |  Inperking  |  Covid-19  |  Konstruksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.