Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Koo: 20 m. blikkies groente herroep

Tiger Brands onttrek tot 20 miljoen blikkies van sy Koo- en Hugo- ingelegde groente aan die mark.

Dit volg op lekkasies by van die blikkieskos wat Tiger Brands se kruideniersware-afdeling in Mei ontdek het.

KOO
As jy van dié produkte in jou kas het, moet jy kyk wanneer dit vervaardig is.

Die lekkasies is by foutiewe blikkies ontdek nog voordat die finale etikette op die produkte aangebring is.

Die blikkies kom uit drie verskillende besendings wat vir Tiger Brands verpak is deur een van sy verskaffers.

Dié omvangryke veldtog kan vier maande duur en gaan hom tussen R500 miljoen en R650 miljoen kos.

Dit verteenwoordig sowat 9% van sy totale jaarlikse produksie van blikkieskos.

Die naam van die betrokke verskaffer word nie genoem word nie.

Nadat die fout by een besending aangemeld is, het die verskaffer gesê dieselfde fout het dalk nóg drie besendings blikkies geraak.

Tiger Brands beklemtoon al ses die genoemde besendings blikkies is nooit in die mark verkoop nie.

’n Verdere klein hoeveelheid lekkende blikkies is vroeg in Junie by ’n pakstoor ontdek en van dié besending was reeds teen daardie tyd in die mark.

Die groep het daarna ’n omvattende toets op 287 040 blikkies gedoen deur dit van sy pakhuise in Johannesburg na die Wes-Kaap te vervoer. Uit die 287 040 blikkies het daar net lekkasies aan die sykante van twee blikkies ontstaan.

Tiger Brands het egter ter wille van verbruikersveiligheid besluit om die omvangryke herroepingsveldtog in te stel, het hy Maandag aangekondig.

’n Blikkie wat lek, kan tot sekondêre mikrobiese besmetting lei, waarsku Tiger Brands. Dit verteenwoordig ’n lae waarskynlikheid van siekte en besering indien die besmette produk geëet word.

Tiger Brands het beklemtoon die herroeping sluit nie sy gewilde Koo- ingelegde vrugte of Koo se geblikte sardyne (pilchards) in nie omdat die blikkies wat daarvoor gebruik word van ’n ander verskaffer kom.

Volgens Tiger Brands het hy versekering vir die logistieke koste om al die produkte terug te roep. Tiger Brands oorweeg nog eise teen die blikkieverskaffer.

Watter blikkies word geraak?

Die produkte wat geraak word, is alle ingelegde groenteprodukte van Koo en Hugo wat tussen 1 Mei 2019 en 5 Mei 2021 vervaardig is en sluit in:

  • Koo se gebakte boontjies in tamatie- en ander souse;
  • Koo se room-soetmielies;
  • Koo se gemengde groente in verskillende souse,
  • Helderberg se geblikte vars ertjies;
  • Koo se geblikte vars ertjies; en
  • Koo se spaghetti in tamatiesous.

Verbruikers wat dié blikkieskos in hul kombuisrakke het wat tussen 1 Mei 2019 en 5 Mei 2021 vervaardig is, word gevra om dit na hul naaste winkel te neem vir ’n terugbetaling.

Die datum van vervaardiging kan aan die onderkant of bokant van die blikkie gesien word.

Tiger Brands verwys mense na die webwerf www.koo.co.za, maar dit kon nie Maandagoggend bereik word nie.

Tiger Brands se advertensie oor die terugroep van 20 miljoen blikkies ingelegde bone en ander produkte. Foto: KOO
Meer oor:  Tiger Brands  |  Koo  |  Kos  |  Herroepings  |  Verpakking  |  Kosvervaardigers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.