Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Koop jou wyn én petrol by BP

BP gaan die lewe vir baie van sy kliënte gemakliker maak deur wyn by van sy uitgesoekte vulstasies te verkoop.

BP beplan om in die jaar wyn by nog van sy vulstasies in Gauteng en die Wes-Kaap te verkoop.

Die brandstofmaatskappy is die eerste in Suid-Afrika wat ’n dranklisensie bekom het en daarom kon BP reeds vandeesweek begin om wyn by een van sy meer as 500 vulstasies in die land te verkoop.

Jy gaan egter geen hardehout of bier hier kry nie. Vir eers sal klante net kan kies uit uitgesoekte plaaslike wyn en vonkelwyn op die rakke.

Inwoners en gemeenskappe rondom BP se vulstasie in Radiokop aan die Wes-Rand kan nou hul voertuie vol brandstof maak en ’n bottel wyn by die Pick ’n Pay Express-geriefswinkel koop.

Die aanbieding sal stelselmatig na sekere ander BP-vulstasies in Gauteng en die Wes-Kaap uitgebrei word.

Kliënte mag egter nie die wyn op die perseel drink nie en dieselfde regulasies wat vir drankwinkels geld, is ook van krag waar BP wyn verkoop.

Pick ’n Pay en BP besluit saam watter wyne te koop aangebied sal word.

Die diens sal ook soos ander drankwinkels onder vlak 3 van die inperking tans net op sekere dae drank verkoop.

“Klante kan vinnig by een van die winkels inhardloop, hul wyn koop en dit dan rustig by die huis geniet,” sê Belinda Petersen, BP se hoof van sy geriefsafdeling.

Die moontlikheid om wyn aanlyn te bestel en by jou huis te laat aflewer, word ook oorweeg.

Volgens Petersen is hierdie nuwe diens ’n bewys daarvan dat BP op sy kliënte se behoeftes reageer.

BP was ook vinnig uit die blokke in April verlede jaar toe vlak 5 van die staat van inperking ingestel is toe die maatskappy saam met Mr D kragte saamgesnoer het om ’n afleweringsdiens in te stel.

Kliënte kan steeds van die produkte by BP se geriefswinkels bestel en dit by hul huis laat aflewer.

“Dit pas goed in by BP se strategie om sy gerief- en afleweringsafdelings te laat groei en aan te pas. Ons wil nuwe waarde vir ons kliëntebasis ontsluit en ons vennootskappe met Mr D en Pick ’n Pay maak dit moontlik.”

Meer oor:  Bp  |  Pick N Pay  |  Vulstasies  |  Drankverbod  |  Drankbedryf  |  Drankverkope  |  Wyn  |  Wynbedryf  |  Drank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.