Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Kopsere in res van Afrika knou Distell se wins

Die genoteerde drankmaatskappy Distell se wins is in die boekjaar tot einde Junie geknou deur die probleme wat in Afrika met wisselkoersverskille en ’n tekort aan buitelandse valuta in die lande ervaar word.

Die koste van herstrukturering en afleggings het ook 'n impak. 

Distell het in die boekjaar begin met herstrukturering en afleggings.

Die maatskappy het in ’n handelsoorsig oor die boekjaar gesê sy wins per aandeel kan tussen 44% en 49% daal.

Een rede daarvoor is ’n afskrywing van R524 miljoen op die belegging in Best Global Brands (BGB). Die afskrywing volg nadat die Angolese kwanza ’n wesenlike daling van omtrent 50% teen die dollar beleef het en die gepaardgaande invloed daarvan op dié land se ekonomie BGB se wins geknou het.

Distell het in 2017 ’n belang van 26% in BGB bekom.

Hoewel BGB meer drank verkoop het en sy markaandeel behou het sedert Distell belê het, het die groep besluit dit is wys om twee-derdes van die waarde van die belegging af te skryf.

Die tekort aan buitelandse valuta in Zimbabwe het ook Distell se finansiële resultate geknou.

Distell hou ’n nie-regstreekse belang van 31% in African Distillers (Afdis) van Zimbabwe en verskaf voorraad aan die maatskappy.

“Weens die tekort aan buitelandse valuta kon Afdis nie al die geld wat hy aan Distell skuld, betaal nie.”

Distell het weens vrese dat die Zimbabwiese geldeenheid verder gaan verswak, betaling in die geldeenheid aanvaar en het die opbrengs in die sentrale bank van Zimbabwe se skuldbriewe belê.

’n Voorsiening vir ’n verlies van omtrent 80% op die skuldbriewe se waarde is aangeteken in die lig van die onsekerheid en die ekonomiese probleme wat Zimbabwe het. Die voorsiening beloop R191,4 miljoen.

Distell se wesensverdienste per aandeel gaan weens dié probleme met enige iets van tussen 1% tot 6% daal.

Boonop is daar sekere nie-herhalende transaksies wat ook ’n invloed op sy finansiële resultate in die boekjaar het.

Dit sluit die koste van afleggings en herstrukturering wat R168,6 miljoen beloop het.

Die maatskappy het in Januarie aangekondig hy skuif van sy aanlegte se produksie en honderde poste is in gedrang.

LEES OOK: Honderde Distell-werkers moet trek of vroeg aftree

As die wesensverdienste aangepas of genormaliseer word vir dié eenmalige items, styg dit per aandeel tussen 11% en 16%.

Wisselkoersverskille, wat hoofsaaklik verband hou met die wisselkoers van die Angolese kwanza teen die dollar, het ook ’n invloed op die finansiële resultate gehad.

As die wesensverdienste daarvoor genormaliseer word, styg dit per aandeel tussen 4% en 9%.

Distell reik 28 Augustus sy resultate vir die boekjaar uit.

Meer oor:  Distell  |  Zimbabwe  |  Angola  |  Wyn  |  Herstrukturering  |  Afleggings  |  Handelsoorsig  |  Verkope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.