Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
KPMG skenk R47 m. aan burgerregtelike groepe
KPMG se hoofkantoor in Braamfontein, Johannesburg.Foto: Felix Dlangamandla

Die ouditeursfirma KPMG sal die R47 miljoen wat hy ontvang het van maatskappye wat met die Gupta-familie verbind kan word, aan burgerregtelike groepe betaal.

Die maatskappy het Maandag dié aankondiging in ’n nuusverklaring gedoen.

KPMG het reeds in September 2017 onderneem dat hy die geld sal terugbetaal nadat hy self erken het sy werk het nie aan sy eie etiese standaarde voldoen nie.

Die maatskappy sê in die verklaring ’n totaal van R23 miljoen gaan aan die Democracy Works-stigting, die Maatskaplike Geregtigheidsinisiatief en die Nasionale Sake-inisiatief betaal word.

“Die skenking is ’n belangrike stap om die foute van die verlede reg te stel,” sê prof. Wiseman Nkuhlu, voorsitter van KPMG.

Die ander R24 miljoen gaan aan verskeie organisasies sonder winsbejag, wat in die onderwyssektor bedrywig is, betaal word.

Daar was meer as 1 000 aansoeke vir dié geld. Altesaam 52 organisasies is op die kortlys wat betref die finale besluit aan wie die geld geskenk moet word.

KPMG is in omstredenheid gedompel weens bewerings van staatskaping omdat hy die boeke van die Gupta-beheerde Linkway Trading gedoen het.

Staatsgeld wat vir die Vrede-melkery, ’n bemagtigingsprojek, bedoel was, is deur ’n bankrekening in die Midde-Ooste “gewas” en daarna weer in ’n Linkway-rekening betaal om vir die welbekende Gupta-familietroue by Sun City te betaal.

KPMG het ook ’n verslag oor die sogenaamde geheime en “onwettige” ondersoekeenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) opgestel in opdrag van Tom Moyane, nou afgedankte SAID-kommissaris. Die ouditfirma het die verslag teruggetrek.

Fin24, verwerk

Meer oor:  Kpmg  |  Belegging  |  Guptas  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.