Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Kpone-projek: Group Five moet vir eers opdok

Group Five het Vrydag ’n bloutjie in die hooggeregshof in Johannesburg geloop toe sy aansoek om ’n dringende interdik teen CenPower se eis van $62,7 miljoen van die hand gewys is.

Die hooggeregshof van Johannesburg het teen Group Five beslis oor ’n enorme eis. Foto: Getty Images

Die eis spruit uit Group Five se bouwerk aan die beleërde Kpone-kragprojek in Ghana.

Group Five en CenPower blameer mekaar vir die groot vertragings in die projek.

Regter Willem van der Linde het in sy uitspraak gesê die enigste basis vir sy uitspraak is die regsgronde vir die betaling, nie die meriete van die eis nie. Hy kan die interdik net toestaan as bedrog bewys kan word, en dit is nie hier die geval nie. Hy het dus geen ander keuse as om die interdik van die hand te wys nie.

Die partye moet die geskil besleg nadat die geld betaal is. Hy het daarop gewys dat die uiteindelike uitslag daarop kan neerkom dat Group Five nié die geld verskuldig is nie; maar selfs dit het geen invloed op die kontraktuele plig om – soos sake tans staan – die bedrag te betaal nie.

Die banke wat as borge dien, sal nou deur middel van die retensie- en prestasie-effekte wat hulle hou, die kliënt moet betaal.

“Die punt van sulke effekte is juis dat dit as onmiddellike kontant moet dien ten spyte van die onderliggende werklike geskil tussen ’n eienaar en ’n kontrakteur,” het Van der Linde gesê.

Group Five het Vrydag in ’n aankondiging op Sens, die nuusdiens van die JSE, gesê hy sal ná die betaling voortgaan om sy kontraktuele regte deur middel van die alternatiewe geskilbeslegtingsprosedures te bevorder.

Hy trek terselfdertyd sy vroeëre omsigtigheidsaankondiging oor dié eis terug.

Meer oor:  Group Five  |  Ghana  |  Konstruksie  |  Kragstasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.