Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Krediteure steun redplan vir Famous Brands se GBK

Die meeste van Gourmet Burger Kitchen (GBK) se krediteure het die voorstelle vir die sakeredding van dié Britse burgerrestaurante aanvaar.

Darren Hele, uitvoerende hoof van Famous Brands.

GBK behoort aan Suid-Afrika se Famous Brands, wat ook Wimpy, Steers en Debonairs in sy stal het.

Ongesekureerde krediteure, wat nie deel is van die ooreenkoms nie, het 28 dae om die sakeredding teen te staan as hulle sou wou.

Famous Brands het die waarde van GBK in sy onlangse resultate met R873,9 miljoen (voor belasting) afgeskryf.

Hy het op 24 Oktober aangekondig hy het besluit GBK moet om ’n vrywillige maatskappyreëling, iets soortgelyk aan sakeredding, aansoek doen.

Famous Brands het GBK in 2016 vir R2,1 miljard gekoop.

Dié groep het in die halfjaar tot einde Augustus ’n bedryfsverlies van £2,6 miljoen gely teenoor ’n bedryfswins van £872 000 in 2017.

Meer oor:  Steers  |  Gbk  |  Famous Brands  |  Gourmet Burger Kitchen  |  Kitskos  |  Restaurante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.