Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Kulula hervat vlugte nou nóg later

Comair, wat reeds al sy vlugte opgeskort het, het die hervatting van sy diens weer uitgestel.

Comair gaan moontlik eers op 1 September sy vlugte hervat. Foto: Argief

Geen plaaslike vlugte deur Kulula of British Airways sal tot 31 Augustus beskikbaar wees nie.

Comair sê in ’n verklaring die besluit is vrywillig geneem en hy beplan om eers teen 1 September vlugte te hervat.

Die maatskappy het op 2 Julie aangekondig alle vlugte is vanaf 5 Julie opgeskort, maar sy vliegtuie sou toe weer op 30 Julie begin vlieg het.

Dinsdag is aangekondig die opskorting word verleng omdat die land van Sondag vir nog twee weke op die aangepaste vlak 4-inperking bly.

Die verbod op alle reise vir ontspanningsdoeleindes na en van Gauteng, asook bitter min aanvraag vir vlugte vir sakedoeleindes, het Comair genoop om aanvanklik dié besluit te neem.

In sy verklaring sê hy nou weens die onsekerheid oor die tydperk wat die beperkings vir Gauteng gaan geld, saam met die toename van infeksies weens die Delta-variant van die koronavirus, is die datum nou tot einde Augustus aangeskuif.

“Ons neem die besluit met die welstand van ons werknemers en kliënte in ag. Sonder die regering se samewerking of ondersteuning aan die lugvaartbedryf en ander verwante bedrywe, bly dit moeilik om konstruktief te beplan om ons vlugte op 30 Julie te hervat.”

Glenn Orsmond, uitvoerende hoof van Comair, het verskoning aangebied aan alle kliënte wat hierdeur geraak word.

“Ons verwag dat die inentingsprogram spoed sal optel en sien uit daarna om almal op 1 September terug te verwelkom.”

Meer oor:  British Airways  |  Kulula  |  Comair  |  Covid-19  |  Inperking  |  Vlugte  |  Staat Van Inperking  |  Lugdienste  |  Koronavirus  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.