Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Kunsmisgroep moet opdok weens prysvasstelling
Die chemiese reus Omnia se kunsmisaanleg by Sasolburg vervaardig spesialiteitskunsmis wat aan ’n breë mark in Suider- en Oos-Afrika verskaf word. Foto: Verskaf

’n Maatskappy moet nou R30 miljoen opdok weens kartelvorming ná ’n 15 jaar lange toutrekkery voor die Mededingingskommissie.

Die kunsmismaatskappy Omnia het luidens ’n verklaring van die Mededingingskommissie erken dat sy Nitrochem-afdeling tussen 1998 en 2005 pryse vasgestel het en markte in die kunsmissektor verdeel het – ’n oortreding van die Mededingingswet.

Omnia het ingestem om ’n administratiewe boete van R30 miljoen te betaal omdat hy die wet oortree het. Hy het ook ingestem om sy hersieningsaansoek wat tans voor die mededingingsappèlhof dien, terug te trek.

Die toutrekkery het in 2003 begin toe die maatskappy Nutri-Flo ’n klag teen Sasol by die kommissie ingedien het.

Dit het gehandel oor onregmatige prysvasstelling deur Sasol as enigste verskaffer van ammoniak aan kunsmisvervaardigers.

In die loop van die kommissie se ondersoek is egter op beweerde kartelbedrywighede tussen Sasol, Yara SA en Omnia Fertilizer afgekom.

Uiteindelik het Sasol met die kommissie geskik en ’n boete van R251 miljoen betaal. Yara is intussen gelikwideer en Omnia moes daarna al die kommissie se regskoste in sowel die appèlhof as die mededingingsappèlhof betaal.

“Dis bemoedigend om te sien dat ’n klag deur ’n relatief klein deelnemer gelei het tot sulke positiewe gedragsverandering wat groter mededinging in ’n belangrike landboubedryf veroorsaak het,” sê Tembinkosi Bonakele, die mededingingskommissaris.

Meer oor:  Mededingingskommisie  |  Sasol  |  Omnia  |  Boete
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.