Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Kurator maak R21,6 m. uit VBS
Andile Ramavhunga, VBS Mutual Bank se uitvoerende hoof. Foto: Argief

Dit het die regering in totaal R21,6 miljoen gekos om VBS Mutual Bank in kuratele (kuratorskap) te plaas.

Tito Mboweni, minister van finansies, het dit in ’n skriftelike antwoord op ’n vraag van die EFF-parlementslid Leigh-Ann Mathys gesê oor hoeveel die regering aan die kurator moes betaal wat beheer van VBS geneem het.

Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse Reserwebank in Maart verlede jaar by dié bank ingegryp en dit weens sy likiditeitskrisis in kuratele geplaas het. Die ouditfirma SizweNtsalubaGobodo is as die kurator aangestel.

VBS is in ’n skandaal vasgevang weens bedrog van sowat R1,5 miljard wat by die bank gepleeg is en wat sowat 22 000 van sy deposante geraak het.

Die hooggeregshof in Pretoria het in November verlede jaar ’n likwidasie-aansoek van die Omsigtigheidsowerheid toegestaan om VBS te laat likwideer. Die Omsigtigheidsowerheid is ’n reguleerder wat onder die Reserwebank se toesig val.

“Die totale koste van kuratele vir die tydperk 12 Maart tot 12 November het R21,6 miljoen bedra, BTW uitgesluit,” sê Mboweni. - Fin24

Meer oor:  Vbs  |  Vbs Mu­Tual Bank  |  Bankbedryf  |  Kuratele  |  Kuratorskap  |  Bank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.