Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Kwaai mededinging knou eienaar van Joko, I&J

Dit lyk of Suid-Afrikaners die afgelope Kersfees afslag-koekies en -skyfies geëet het.

AVI het sowat vyf plaaslike en internasionale koffiehandelsmerke in sy stal. Dit sluit Lavazza in.

Dit was een van talle faktore wat ’n droewige halfjaar meegebring het vir die genoteerde verbruikersgoederefirma AVI. AVI besit of versprei bekende handelsname van koffie, tee en versnaperinge wat insluit Freshpak, Joko, Bakers, Lavazza, Koffiehuis en Ellis Brown; die visserygroep I&J; en mode en skoonheid soos Yardley, Lenthéric, Lacoste, Spitz en Green Cross.

Vir die halfjaar tot einde Desember het die groep se totale inkomste met net 0,2% gegroei teenoor dieselfde tyd in 2017, het hy in ’n handelsverklaring op Sens bekend gemaak.

Die swak syfers het AVI se aandeelprys skerp laat val met tot 10% oftewel R94,07. Die aandeel is op koers om die dag vir die eerste keer sedert 18 Desember laer as R100 te sluit. Teen 10:30 was dit R96,17 werd.

Dit is die soveelste kleinhandelaar of kosvervaardiger wat aandui dat die afgelope Kersfees een van die swakstes nóg was.

“Die handelsomgewing het moeilik gebly met voortgesette druk op verbruikersbesteding, wat tot swakheid in verkoopsvolumes in baie van ons ondernemings gelei het. Dit is vererger deur mededingers wat afslag op sekere kategorieë aangebied het.

“Veral Desember-verkope was laer as verlede jaar, insluitend by Spitz, wat nie verlede jaar (2017) se rekord-Desember-verkoopsvolumes kon herhaal nie.”

Die maatskappy sê hy moes pryse in sekere kategorieë weens kostestygings verhoog, maar het pryse vir die ses maande meestal stabiel gehou.

Danksy lae stygings in bestanddele se pryse en goeie kostebeheer kon die maatskappy sy bruto winsgrense beskerm. Die laer volume van verkope het egter sy bedryfswins geknou.

Die maatskappy het die skoenvervaardiger Green Cross die afgelope semester geherstruktureer, waarvoor hy heelwat geld opsy moes sit

I&J, sy visafdeling, is negatief geraak toe oliepryse in Desember skerp gedaal het omdat die maatskappy hom teen stygende oliepryse probeer verskans het.

Die maatskappy se wesensverdienste per aandeel vir die ses maande gaan na verwagting met tussen 6% en 7% daal. Sy gekonsolideerde verdienste per aandeel gaan met tussen 6,5% en 7,5% daal.

AVI reik sy tussentydse resultate na verwagting op 11 Maart uit.

Meer oor:  Avi  |  Klerekleinhandel  |  Kosvervaardigers  |  Koekies  |  Kleinhandelaars  |  Kleinhandel  |  Tee  |  Koffie  |  Visserye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.