Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
KYK: Absa lyk nou heeltemal anders

Absa het Woensdag sy nuwe voorkoms bekendgestel om saam te val met sy oorgang van die Barclays-handelsmerk na die Absa-handelsmerk in al die markte waar hy sake doen.

Absa se nuwe embleem wat regdeur Afrika gebruik gaan word.

Suid-Afrikaners ken reeds die bank as Absa, maar in ander Afrika-lande het dit tot dusver as Barclays bekendgestaan. Dié naam gaan nou oral met Absa vervang word.

Die Britse beleggingsbank Barclays plc besit wel steeds 14,9% in Barclays Africa Group Limited, Absa se moedermaatskappy.

Die bank spog nou met ’n nuwe, sirkelvormige embleem met die woord Absa in die middel. Die lettertipe is ook aangepas en die bank se bekende rooi het ook ’n gedaanteverwisseling ondergaan tot ’n nuwe, donkerder skakering.

Op sy nuwe, herontwerpte webwerf, absa.africa, verduidelik die bank die nuwe voorkoms is gekies om dit te onderskei as ’n “ware handelsmerk van Afrika”.

Die bank se bekende slagspreuk - “Vandag, môre, altyd saam” - is ook vervang met ’n nuwe een: “Africanacity”.

Volgens die bank spreek dit tot Afrikane se gewilligheid om altyd ’n manier te vind om uitdagings te oorkom.

Ook in die sosiale media het die bank sy handelsmerk aangepas.

Die @Absa-naam op Twitter word nou met die groep as ’n geheel geassosieer terwyl Suid-Afrikaners die plaaslike filiaal op @AbsaSouthAfrica kan kontak.

Die bank gaan ook voortaan op die JSE verhandel onder die naam Absa Group Limited en nie meer Barclays Africa Group nie.

Bestaande kliënte se rekeningnommers, inligting, bankapp en aanlyn dienste verander nie buiten dat dit die nuwe voorkoms weerspieël.

Meer oor:  Barclays Africa  |  Absa Bank  |  Embleem  |  Handelsmerk  |  Bankwese
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.