Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
KYK: Airbus staak kolossale A380

Dit was dalk soos die Concorde ’n idee wat voor sy tyd was.

Die Europese vliegtuigvervaardiger Airbus het vandeesweek aangekondig hy gaan nie voort met die bou van sy super-dubbeldekker-passasiersvliegtuig die A380 nie. Die laaste A380 sal in 2021 afgelewer word.

’n A380 van die Duitse lugdiens Lufthansa besig om by die Frankfurt-lughawe in Duitsland te land.Foto: AP

Airbus het met die bekendmaking van sy 2018-resultate Donderdag gesê dit was weens ’n gebrek aan belangstelling van lugdienste vir dié reusagtige passasiersvliegtuig, wat meer as 800 passasiers op ’n slag kan vervoer as die hele vliegtuig net ekonomieseklas-sitplekke het, of 555 met ’n kombinasie van ekonomiese klas en besigheidsklas.

Airbus het verlede jaar byvoorbeeld net 12 A380’s verkoop teenoor 626 van sy A320-reeks van passasiersvliegtuie.

Net enkele lugdienste het ooit in die A380 belang gestel. Dis veral die besluit van die Midde-Oosterse lugdiens Emirates wat sy bestelboek vir A380’s met 39 van 162 tot 123 gesny het, wat tot Airbus se besluit gelei het. Daar is nog 14 A380’s wat oor die volgende twee jaar aan Emirates gelewer sal word.

Rompgedeeltes van die A380 buite die finale monteerlyn van Airbus se aanleg in Blagnac, Toulouse, in Frankryk.Foto: REUTERS

Tom Enders, uitvoerende hoof van Airbus, sê dit was ’n pynlike besluit, want die A380 is ’n ingenieurs- en bedryfsprestasie. “Passasiers oor die wêreld heen is dol daarop om in hierdie vliegtuig te vlieg. Onthou dat die A380’s wat reeds gebou is nog vir jare sal vlieg en Airbus sal steeds al die lugdienste steun wat A380’s gebruik.”

Die staak van die bouprogram aan die A380 kan egter 3 000 tot 3 500 mense hul werk kos.

’n Argieffoto van ’n tegnikus in Airbus se Finkenwerder-aanleg in Hamburg, Duitsland, wat werk aan die eerste kajuitromp van die A380.Foto: REUTERS

Lughawens wêreldwyd moes aangepas word om die kolos van ’n vliegtuig te kon hanteer toe dit in 2007 vir die eerste keer met kommersiële vlugte begin het.

Emirates het in 2017 vir die eerste keer besluit om die A380 op sy vlug na Johannesburg te gebruik.

British Airways het in Oktober 2016 begin om die A380 op vlugte tussen Johannesburg en Londen te gebruik.

Só lyk die kroegtoonbank in die eersteklas-kajuit van Emirates se A380.Foto: REUTERS
Die binnekant van Emirates se eersteklas-kajuit in sy Airbus A380. Foto: REUTERS

Airbus het in 1988 met die ontwikkeling van die idee begin om ’n reuse-passasiersvliegtuig te bou. Airbus het geglo die toekoms van lugvervoer is waar reuse-vliegtuie soos die A380 na sentrale lughawens of nodusse sal vlieg van waar passasiers dan kleiner vliegtuie gebruik om na hul eindbestemming te vlieg.

Maar sy Amerikaanse mededinger Boeing het weer geglo die toekoms is in kleiner brandstofbesparende vliegtuie wat mense regstreeks na hul bestemmings vlieg. Boeing het wel ook probeer om ’n groter weergawe van sy Boeing 747 te ontwikkel, maar die projek is al in die 1990’s laat vaar.

Vinnige feite oor die A380
  • Dit het 550 m² se kajuitruimte, 40% meer as die naasgrootste passasiersvliegtuig, die Boeing 747-8.
  • Dit het plek vir tot 853 passasiers as dit net ekonomieseklas-sitplekke gebruik.
  • Airbus het tot dusver 234 van die kolosse gehou.
  • Emirates is die grootste gebruiker van die A380, met 109 in sy vloot en nog 14 wat afgelewer moet word.
  • Ander lugdienste wat die A380 gebruik, is Lufthansa, Qantas, Singapore Airlines en British Airways.
  • So ’n vliegtuig kos $445,6 miljoen.


    Meer oor:  Airbus  |  Vlieg  |  Vliegtuie  |  Vliegtuig  |  Lugdiens
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.