Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
KYK: Dié logos hou ook nou ‘gesonde’ afstand

Dit is nie net mense wat ’n gesonde afstand van mekaar moet hou nie, van die wêreld se grootste handelsname doen dit nou ook.

Audi, Volkswagen, McDonald’s en selfs Nike, het nuwe tydelike logo’s bekend gestel waar hulle mense aanmoedig om ’n gesonde afstand van mekaar te hou.

Dit is alles ten doel om die wêreldwye Covid-19-pandemie onder beheer te kry.

Die Audi-logo met sy vier sirkels wat tradisioneel inmekaar gehaak is, skuif nou verder van mekaar af om hul “sosiale afstand” te behou.

In ’n video wat Audi op sy webtuiste bekend gestel het, skuif die sirkels weg van mekaar, maar ook weer terug met die boodskap dat deur ’n gesonde afstand te hou, staan almal saam om die virus onder beheer te kry.

Audi moedig ook op Twitter mense aan om te kyk hoe kreatief mense met sy logo van vier sirkels kan wees.

Dit is ’n uitdaging om mense wat tuis bly, kreatief besig te hou.

In die geval van Volkswagen, skuif die V weg van die W.

Hoewel McDonald’s in Brasilië ’n soortgelyke tydelike verandering aan sý logo gemaak het, is die twee boë van die M wat apart staan, volgens Creative Bloq, glad nie goed deur die publiek ontvang nie.

McDonald’s het glo reeds verskoning gemaak daaroor, en dit van al sy platforms verwyder.


Meer oor:  Audi  |  Mcdonalds  |  Volkswagen  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.