Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
KYK: Familie vat lyk na Old Mutual ná gesloer

Old Mutual probeer vure doodslaan nadat ’n video verskyn het van raadop familielede, wat wag vir ’n begrafnispolis om uit te betaal, wat uit desperaatheid die lyk na die versekeraar se kantore geneem het.

Die voorval het by een van die takke in KwaZulu-Natal gebeur. Die video word sedert Dinsdagaand op Twitter gedeel.

Mense is woedend en dreig om hul polisse te kanselleer.

Teen Woensdagoggend was Old Mutual die gewildste besprekingspunt op Twitter.

In die video tel twee vroue ’n groot blou sak, vermoedelik met ’n lyk in, op en dra die sak sukkel-sukkel uit na buite en laai dit in ’n voertuig.

Dié video is amper 31 000 keer op Twitter gekyk nadat ’n Twitter-gebruiker met die naam van White Man Confession/ @ConfessionWhite, met amper 24 000-volgelinge, die voorval op Twitter gedeel het.

“ONTBLOOT OLD MUTUAL. Familie bring hul dooie familielid nadat @OldMutualSA geweier het om hul polis uit te betaal. Old Mutual se arrogansie stink nou. Wat ’n skande! Mag die siel van daardie persoon in vrede rus,” lui die twiet, waarna die Twitter-gebruiker sy duisende volgelinge aanmoedig om die twiet te deel.

Old Mutual het op die video gereageer en sê dit is vir hom skokkend en hy het simpatie met die familie in hierdie moeilike tyd.

“Ons kan bevestig dat die polis uitbetaal is,” het Old Mutual Dinsdagaand getwiet.

Old Mutual sê omdat dit ’n sensitiewe saak is, sal hy direk met die familie kommunikeer.

Die polis het, volgens Old Mutual, langer gevat om uit te betaal omdat die saak eers geassesseer moes word.

Netwerk24 het met Old Mutual se woordvoerder, Tabby Tsengiwe, gepraat en sy het versoek dat navrae skriftelik aan haar gestel word. Kommentaar sal bygewerk word sodra dit ontvang is.

Meer oor:  Lyk  |  Old Mutual
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.