Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
KYK: Gidshonde leer om blindes by kitsbanke te help

Almal weet gidshonde is slim, maar is hulle slim genoeg om ’n kitsbank te gebruik?

Absa dink so.

Dié bank het soveel vertroue in gidshonde dat hy ’n ooreenkoms met die Gidshondvereniging van Suid-Afrika gesluit het om honde op te lei om hul eienaars te help om kitsbanke te gebruik.

Meer as 8 000 kitsbanke van Absa bedien reeds gesiggestremde kliënte met behulp van braille en klankaanwysings.

Tshiwela Mhlantla, Absa se besturende direkteur verantwoordelik vir fisieke kanale, kleinhandels- en sakebankdienste, sê in ’n verklaring daar is egter steeds kommer oor hóé veilig dié dienste vir gesiggestremdes is.

Absa het ’n kitsbank by die gidshondvereniging se hoofkantoor in Paulshof, Johannesburg, geïnstalleer, waar die honde opgelei word.

Mhlantla sê die honde kan byvoorbeeld geleer word om bankkaarte by die kliënt te neem en dit in die masjien te sit. Die hond kan die kaart ook weer uithaal en vir sy/haar eienaar teruggee.

“Deur toegang tot ons eie kitsbank te hê, kan ons ons kliënte en honde in ’n ontspanne, beheerde omgewing leer sonder om ander te steur. Ons kan ons kliënte wys hoe om hul honde op te lei én hulle kan oefen soveel hulle wil,” sê Vernon Tutton, uitvoerende direkteur van die vereniging.

Tutton sê die vereniging het tans nege studente wat hulle oplei om gesiggestremdes te leer hoe om kitsbanke te gebruik.

“So ’n persoon sal tot 40 gesiggestremdes per jaar kan oplei wanneer hulle eers in hul eie gemeenskappe bedrywig is,” sê hy.

Absa sê hy sal saam met die vereniging die opleidingsprogram monitor om te verseker dat die vaardighede gepas is en by die kliënte én hul honde pas.

Absa sê in ’n verklaring die tipe opleiding wat aan die honde en eienaars gegee word, is generies van aard. Kliënte en hul honde sal dus sake by enige kitsbank kan doen, nie net by dié van Absa nie.

Meer oor:  Absa  |  Kitsbank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.