Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
KYK NOU: Die eerste deel van VIA se Steinhoff-dokumentêr

Het jy die eerste aflewering van VIA se Steinhoff-dokumentêr misgeloop? Nou kan jy dit op Netwerk24 kyk!

Kyk die eerste deel van die dokumentêr op Netwerk24 en skakel Woensdag, 12 September om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) in om die tweede deel te kyk.

VIA (DStv-kanaal 147) saai in die eerste twee weke van September 'n spesiale tweedelige dokumentêr oor die opspraakwekkende Steinhoff-sage. Ons praat oor: Die Steinhoff-sage is die laaste aflewering in die Afrikaanse leefstylkanaal se Ons praat oor-dokkiereeks.

  • Deel 1

In die eerste deel van dié dokkie word gekyk na die geskiedenis en meteoriese opgang van Steinhoff asook die sleutelrolspelers wat gehelp het om dié maatskappy ’n wêreldwye sukses te maak. Daar word gekyk na moontlike waarskuwingstekens wat kon gehelp het om die korporatiewe reus se finansiële ineenstorting te voorkom.

’n Verskeidenheid kenners gee agtergrond en insig in die dubbele dokkie. James-Brent Styan, die skrywer van Steinhoff en die Stellenbosse boys, die Netwerk24-joernalis Nellie Brand-Jonker, die Financial Mail-redakteur, Rob Rose, en Magda Wierzycka, uitvoerende hoof van Sygnia, is van die stemme wat ingespan word om die storie van die Steinhoff-sage te vertel.

  • Deel 2

Die tweede deel van die dokumentêr word Woensdag, 12 September om 20:00 uitgesaai. Deel twee skop af met die dramatiese ineenstorting van Steinhoff op 5 Desember 2017. Daar word gekyk na verskeie waarskuwingstekens en hoekom niemand hierop gereageer het nie.

Deel twee verken ook wat die Steinhoff-sage vir Suid-Afrikaners beteken en stel ’n brandende vraag: Sal Steinhoff ooit uit die as kan opstaan?  

Meer oor:  Via  |  Markus Jooste  |  Stellenbosch  |  Steinhoff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.