Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
KYK: Kylie Jenner nié wêreld se jongste miljardêr

Kylie Jenner is dalk skatryk, maar sy is nié die wêreld se jongste miljardêr nie.

Forbes , wat elke jaar sy lys van miljardêrs publiseer, sê Vrydag in ’n artikel getiteld Kylie Jenner’s web of lies – and why she’s no longer a billionaire dat dié lid van die bekende Kardashian-familie gejok het oor hoeveel haar maatskappy Kylie Cosmetics werklik werd is.

Forbes het in Maart 2019 aangekondig dat, nadat sy ’n belang van 51% van Kylie Cosmetics aan Coty verkoop het, sy tóé sowat R1,2 miljard werd was.

LEES OOK: Kylie Jenner is wêreld se jongste miljardêr

Jenner was toe 21 jaar oud.

Forbes sê dit het egter sedertdien aan die lig gekom dat Jenner se maatskappy glad nie soveel werd was ten tye van die transaksie met Coty as wat sy voorgegee het nie.

“Natuurlik kan witleuens, weglatings en blatante opgemaakte feite van dié familie verwag word wat die konsep ‘beroemd om beroemd te wees’ vervolmaak het, en dan geld daaruit maak,” skryf Chase Peterson-Withorn en Madeline Berg in die Forbes-artikel.

Natuurlik kan witleuens, weglatings en blatante opgemaakte feite van dié familie verwag word wat die konsep ‘beroemd om beroemd te wees’ vervolmaak het, en dan geld daaruit maak.
Forbes

“Maar net soos Donald Trump se dekades lange obsessie met sy netto waarde, die wyse waarop die Jenners niks ontsien het nie– insluitend om Forbes na hul herehuise en kantore te nooi en om selfs belastingopgawes op te stel wat waarskynlik vervals is – wys net hóé desperaat sommige van die ultra-rykes is om nog ryker te lyk,” lui die artikel verder.

Forbes sê hy reken Jenner is nou sowat $900 miljoen werd. Hoewel dit ’n aardige bedrag is, beteken dit steeds nie sy is ’n miljardêr nie.

Forbes sê hoewel hy lank onraad vermoed het oor die enorme verkoopsyfers wat die familie aan hom en ander media voorgelê het, was die eerste bevestiging dat dit veel laer is toe Coty ná die transaksie verkoopsyfers begin publiseer het.

Een voorbeeld was dat Coty gesê het hul velsorgprodukte was goed op pad om die verwagte $25 miljoen in verkope te haal. Dit was beduidend laer as die $100 miljoen wat Jenner gesê het dié produkte glo ingebring het in die eerste maand en ’n half nadat dit bekend gestel is.

Forbes sê as Jenner nie uit die staanspoor gelieg het oor hoeveel verkope ingebring het nie, kon dié lae syfers net wees omdat verkope skielik gestop het. Hy sê hy het verskeie ontleders genader wat saamstem dat dít hoogs onwaarskynlik is.

Jenner het die bewerings in ’n twiet ontken.

“Wat op aarde is dit? Ek het gedink dit is ’n betroubare webwerf . . . al wat ek sien is ’n aantal onakkurate stellings en onbewese aannames lol. Ek het nog nooit vir enige titel gevra of gelieg om dit te kry nie.”

Inquisitr berig dat Kris Jenner, Kylie se ma en bestuurder, glo baie bekommerd is oor die moontlike regsaksie wat kan volg weens dié beweringe.

Hulle is glo veral bekommerd oor Forbes se bewering dat hulle belastingdokumente vervals het.


Meer oor:  Forbes  |  Kylie Cosmetics  |  Coty  |  Kylie Jenner  |  Kris Jenner
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.