Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
KYK: Mickey Muis dalk op straat? Disney laat 1000’e werkers gaan

As jy ’n werksgeleentheid vir ’n skattige muis en ’n bekkige eend het, mag jy dalk binnekort hul aansoeke ontvang.

Die vermaaklikheidsreus Walt Disney het Dinsdag aangekondig dat hy ’n enorme 28 000 werknemers uit diens gaan moet stel wat by van sy vermaaklikheidsparke werk.

Die meeste van dié werkers (67%) is egter deeltydse werkers.

Die maatskappy het sowat 100 000 werkers in diens gehad by sy parke voor die uitbreking van die pandemie.

Wanneer sy ander afdelings – wat onder meer passasierskepe insluit – bygereken word, het hy teen einde September 2019 sowat 223 000 werknemers in diens gehad.

Die maatskappy kon weens die uitbreking van die pandemie vir maande reeds nie van sy parke oopmaak nie.

Sy park in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië is steeds gesluit, terwyl dié in Florida net ’n beperkte getal gaste op ’n keer kan ontvang.

Boonop blyk dit dat Amerikaners nog baie versigtig is om parke te besoek, en is besoekersgetalle glo baie laer as waarop Disney gehoop het.

’n Peiling wat die marknavorser Morning Consult gedoen het, wys dat net 26% van die 500 jong mense wat aan die peiling deelgeneem het, bereid was om nou na ’n vermaaklikheidspark te gaan.

Wanneer dit by ouer mense kom, was net 16% bereid om nou te gaan.

42% van volwassenes wat aan die peiling deelgeneem het, sê hulle sal nie binne die volgende ses maande dit oorweeg om na só ’n park te gaan nie.

Bloomberg berig dat joernaliste en besoekers wat wel die parke besoek het, nadat dit met nuwe gesondheids- en veiligheidsmaatreëls oopgemaak het, sê dié maatreëls is “indrukwekkend”.

Buiten vir die vrees om die virus aan te steek, is die toenemende werkloosheid in die VSA waarskynlik ook ’n probleem.

Volgens Disney spandeer mense sowat $100 per dag per persoon by die park.

“Hoe hartverskeurend dit ook al is om hierdie stappe te doen, dit is die enigste uitvoerbare opsie wat ons het in die lig van die langdurige invloed van Covid-19 op ons besigheid,” skryf Josh D’Amaro, hoof van die parke-afdeling, in ’n memorandum aan werkers.

“Ons het uitgawes besnoei, kapitaalprojekte opgeskort, ons werknemers wat rolle vertolk steeds betaal, en ons bedrywighede aangepas om so doeltreffend moontlik te werk,” sê D’Amaro.

“Ons kan egter eenvoudig nie al ons werknemers in diens hou wanneer daar so min besoekers by die parke is nie.”

– Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Disney  |  Donald Duck  |  Micky Muis  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.