Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
KYK: Nuwe elektriese krane vir Durban-hawe
Werkers kyk toe hoe ’n skeepshyskraan die eerste van agt nuwe buidelwaens vir Transnet Port Terminals in die Durbanse hawe van die skip aflaai.Foto’s: Transnet

Die laaste agt van 23 nuwe elektriesaangedrewe buidelkrane vir Transnet is die afgelope week ten volle gemonteer in die Durbanse hawe afgelaai.

Die eerste buidelwa is amper op die grond.

Buidelkrane of buidelwaens is die selfaangedrewe kontrêpsies in die meeste moderne hawens wat bo-oor ’n vraghouer kan skuif en dit dan in die hawe kan rondskuif en dit op vragmotors kan laai of aflaai, en dit kan opstapel. Dit word ’n buidelwa of buidelkraan genoem omdat dit byna soos ’n kangaroe die vraghouer binne en onder sy raamwerk laat hang.

Veilig terug op vaste grond en gereed vir werk.

Die nuwe buidelkrane sal in die Durbanse houereindpunt se Pier 2 in bedryf gestel word om die hawe se houerhanteringsvermoë te verbeter.

Transnet het dié krane ten volle gemonteer bestel sodat daar nie nog tyd gemors hoef te word om dit eers te moet aanmekaarsit nie. Pier 2 is die een enkele kaai wat die meeste van Suid-Afrika se houervrag hanteer en die nuwe toerusting vervang ouer toerusting sodat doeltreffendheid kan verbeter, het Zamo Ngcobo, bestuurder van Pier 2, die afgelope week in ’n verklaring gesê.

Die nuwe krane is deel van ’n kapitaalbesteding van R2 miljard deur Transnet Port Terminals vir die jaar. Nog 22 nuwe buidelkrane is bestel wat tussen Maart en Mei volgende jaar afgelewer sal word, sê Ngcobo.

Die krane kom van die Finse maatskappy Kalmar.

Meer oor:  Transnet  |  Durban  |  Durban-Hawe  |  Staatsondernemings  |  Hawens  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.