Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
KYK: Pep se embleem lyk nou heeltemal anders
So lyk Pep se nuwe logo. Foto: Verskaf

Pep, Suid-Afrika se grootste klerewinkelgroep, het sy kenmerkende embleem verander. Die nuwe embleem is Maandagaand op Pep se amptelike Facebookblad bekend gestel.

Die bekende Pep-kenteken in blou en geel is met ’n meer moderne een met dieselfde kleurskema vervang.

In plaas van die woord “Pep” binne ’n sirkel, bestaan die nuwe embleem uit ’n geel halfsirkel met die woord “Pep” in ’n meer moderne lettertipe daarnaas.

Volgens die maatskappy gaan dit “etlike jare” neem om die nuwe embleem in al 2 350 van sy winkels landwyd aan te bring.

“Dit is soveel meer as net ’n nuwe logo,” het Jaap Hamman, uitvoerende hoof, volgens Business Insider gesê.

“Dit is ’n duidelike verklaring van ons vertroue in die toekoms van Pep en die land.”

Die eerste Pep-winkel is in 1965 in De Aar geopen. Dit is nou deel van die Pepkor-groep wat ook ander klerewinkels soos Ackermans en Shoe City besit.

Die nuwe embleem is meestal kil ontvang, met kritici wat sê dit lyk kompleet of dit die bekende videospeletjie Pac-Man probeer naboots en ontwerp is “deur iemand wat te lui was om ’n ontwerper daarvoor te betaal”.

Op Pep se Facebookblad was aanhangers van die handelsnaam ook bekommerd dat die nuwe embleem beteken Pep gaan minder bekostigbaar word.

“Wees gerus, ons sal bly by ons belofte van die laagste pryse elke dag,” het Pep gereageer.

Nog ’n aanhanger het die nuwe embleem as “lui” beskryf en bespiegel dit is deur iemand in Microsoft Paint geskep.

“Probeer gerus weer,” skryf ’n ander.

Daar was wel ook positiewe reaksies met een persoon wat die maatskappy prys vir sy nuwe voorkoms en sê dit spreek veral tot jong mense.

Volgens Hamman gaan Pep “op ’n verantwoordelike wyse” te werk met die inwerkingstelling van sy nuwe voorkoms.

Geen nuwe geld word hiervoor begroot nie en dit sal eerder met geld uit die bestaande begroting gedoen word.

Daarom verwag die maatskappy om dit eers oor verskeie jare af te handel.

Pep is nie die eerste maatskappy wat ’n totaal nuwe voorkoms aankondig nie.

Absa, Cell C en Game het ook in die laaste paar jaar ’n heeltemal nuwe voorkoms bekend gestel en by al sy winkels of takke begin gebruik.

Pep
Dié Pep-naambord gaan eersdaags vervang word.
Meer oor:  Pepkor  |  Pep  |  Logo  |  Klerewinkel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.