Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
OORSIG: SAL bloei weens staking

Terwyl die SAL se planne Dinsdag gereed was om streeksvlugte te hervat nadat die lugdiens Maandag weer internasionaal begin vlieg het, het die lugdiens opnuut gesê hy kan nie meer bied nie.

Hoogtepunte uit die nuuskonferensie:

  • Die SAL het vakbonde se bewerings dat hul vliegtuie onveilig is, verwerp en gaan regstappe doen.
  • Tot 11 000 passasiers is geraak en die koste van onder meer herbespreking van vlugte en daaglikse verlies kan uiteindelik daartoe lei dat nog personeel later uit diens gestel sal moet word.
  • R2 miljard wat nodig is om vliegtuie in die lug te hou, word met 'n konsortium banke bespreek. Derhalwe kan die loonaanbod van 5,9% nie verhoog word nie.
  • Onderhandelings in die verband duur voort. 
  • Die skuld tot dusver beloop R9,2 miljard wat oor die volgende drie jaar betaalbaar is.

Lees ook:

19 Nov. 14:25:52

Mgoduso sluit nou die mediakonferensie af en bedank die media vir hul teenwoordigheid.

19 Nov. 14:25:27

Moeilik om verlies weens staking te bepaal

Saunders sê wat betref die verliese wat die lugdiens per dag ly, verander dit dag tot dag. "Dit is nie meer R52 miljoen nie." Hy verduidelik dat hoewel die lugdiens geld verloor wanneer hy nie vlieg nie, hy dan egter ook nie geld op brandstof spandeer nie. "Daar is dus baie veranderlikes wat in ag geneem moet word. Dit is dus moeilik om in dié stadium te sê wat die verliese is."

19 Nov. 14:22:09

Ramasia herhaal dat die SAL onder geen omstandighede 'n salarisverhoging van meer as 5,9% aan werknemers sal kan betaal nie.

19 Nov. 14:21:35

Vyfde van personeel staak, werksverliese kan volg

Kemp: Sowat 'n vyfde van die arbeidsmag staak. Nog net sowat 200 van werkers wat Vrydag begin staak het, het al teruggekeer werk toe.

Die SAL het net meer as 10 000 werknemers.

Kemp waarsku dat as die staking voortduur is daar die gevaar dat dit later tot werksverliese by die lugdiens mag lei. Dit sluit werksverliese uit weens herstrukturering. Sowat 900 werkers sal na verwagting hul werk weens dié proses verloor.

19 Nov. 14:17:01

Skuld

Fredericks bevestig die SAL het R9,2 miljard skuld betaalbaar oor drie jaar. Dit sluit die R2 miljard uit wat hy nou wil leen.

Dit is moeilik om nou 'n bedrag te gee wat die staking die SAL tot dusver kos. Dit sluit onder meer eise deur passasiers in.

19 Nov. 14:13:19

Staking knou SAL so:

Mgoduso het bevestig dat van die koste wat die SAL moet dek weens die staking is die herbespreking van passasiers, eise deur passasiers, verlies aan daaglikse inkomste, verlies uit toekomstige besprekings, koste om vliegtuie te parkeer en verliese by die SAL se vragafdeling.

19 Nov. 14:08:54

Vlieëniers sal nie staak

Mgoduso herhaal:

Geen werk, geen betaling. Sy bevestig dat die SAL se vlieëniers nie aangedui het dat hulle gaan nie staak nie.

19 Nov. 14:06:37

Geen versekering teen verlies weens staking

Fredericks: Daar word hard gewerk om die SAL te herstel dat hy weer soos 'n mededingende lugdiens bedryf kan word. Dit is hoekom daar 'n herstruktureringsplan is.

Ons het geen versekering teen 'n verlies van inkomste nie. Die SAL het dus geen versekering teen verliese wat hy weens die staking lei nie.

R2 miljard wat die SAL nodig het om vliegtuie in die lug te hou, word steeds met 'n konsortium banke bespreek.

Fredericks sê dat soos voorheen gestel gaan die SAL 'n staatswaarborg hiervoor moet kry. "Ons voer steeds gesprekke hieroor," sê hy. Daar is voorheen berig dat die SAL teen 20 November R2 miljard nodig het indien hy in bedryf wil bly.

Oor 'n moontlike ekwiteitsvennoot sê Frederick hy dink dit sal minstens twee jaar van onderhandelinge neem voordat daar enige transaksie met 'n moontlike vennoot gesluit kan word. "Ons moet ook eers hierdie kind uit die waakeenheid kry voordat ons kan begin praat oor vennote," sê hy.

19 Nov. 13:56:51

Ons vliegtuie 'is veilig'

Kapt. Mpho Mamashela (foto), waarnemende hoofvlieënier en vlootkaptein:

Hy bevestig die vliegtuie is veilig.

Mamashela sê daar is verskeie oorsese lugdienste wat Suid-Afrika besoek en baie aantreklike pakkette vir vlieëniers aanbied.

Mamashela bedank personeel vir hul professionele optrede ondanks die staking. Oor die bewering dat kajuitpersoneel nie genoeg ervaring het nie, sê Mamashela die vlug Maandag waar die kajuitpersoneel en vlieëniers die minste ervaring gehad het, het die personeel saam 13 236 vliegure se ervaring gehad.

19 Nov. 13:46:56

Martin Kemp (foto), waarnemende algemene bestuurder verantwoordelik vir menslike hulpbronne:

Die twee eise wat die vakbonde nou bylas is dat die SAL nie enige werknemers uit diens kan stel soos wat in die herstruktureringsplan uiteengesit is nie en dat alle werkers ingekontrakteer moet word. Dit was nie deel van die loongesprekke nie, en was nie deel van die aansoek om die staking nie.

Meer oor:  Sal  |  Suid-Afriikaanse Lugdiens  |  Sal-Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.