Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
KYK: Solidariteit-lede daag uit protes op vir werk

Die staat van inperking mag dalk miljoene mense keer om werk toe te gaan, maar nie sommige lede van die vakbond Solidariteit nie.

’n Groep werkers van ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa), wat lede van dié vakbond is, het Donderdag by dié staalreus se aanleg in Vanderbijlpark vir werk opgedaag, of die aanleg oop is of nie.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê in ’n verklaring dit is uit protes teen die inperkingsregulasies wat tot gevolg het dat honderdduisende mense nie kan werk nie.

“Die vlakke van werkverlies en die krisis wat ontstaan het as gevolg daarvan dat mense net ’n gedeelte van hul salarisse ontvang, is van so ’n omvang dat Solidariteit-lede landwyd gesê het dat hulle gaan begin om hulle by hul werkplekke aan te meld,” sê Hermann.

Die werkers het met maskers, handreinigers en die voorneme om gesond te werk by die staalaanleg opgedaag.

“Ons kies nie tussen gesondheid en werk nie; ons kies gesonde werk. Ons het ’n omvattende en goeie praktykskode vir werkgewers ontwikkel om hulle in staat te stel om te kan werk. Al wat tussen gesonde werk en die werkers staan, is die regering se regulasies.

“Ons glo die onus moet na maatskappye skuif om hulle gereed te kry om veilig en gesond te kan werk,” sê hy.

Volgens Hermann veroorsaak besluite wat op sentrale regeringsvlak geneem word dat sekere maatskappye hul deure moet toemaak. Hulle word dus ontneem van die geleentheid om hul eie kreatiewe planne vir gesonde werk in te stel.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.