Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
KYK: Transnet stoei met verstopte Durban-hawe

Vragversenders, in- en uitvoerders, vervoermaatskappye en Transnet self stoei nog met die nagevolge van die onlangse kuberaanval op sy hawebestuurstelsel.

Rye en rye leë vragmotors wag Dinsdag om by die Durbanse hawe invoervraghouers te gaan afhaal.
Die opeenhoping van vragmotors wat wag om uit die hawe te beweeg of om uitvoervrag te gaan aflaai.
Vragmotors en treinwaens met vraghouers wag om in die Durbanse hawe gehelp te word.
Die toegangspaaie na die Durbanse hawe was tot Dinsdag nog een groot verkeersknoop soos dit blyk uit dié foto.

Teen Dinsdag was die Durbanse hawe nog erg verstop, met houervragmotors wat in lang toue staan om ingevoerde vraghouers uit die hawe te kom oplaai.

Transnet Port Terminals (TPT) het Dinsdag kliënte gewaarsku die Pier 1-vraghouereindpunt in Durban ervaar hoë verkeersvolumes vir ingevoerde vrag. Van die vragmotors wag al sedert Maandagaand om vrag te kom oplaai.

Volgens ’n nota van TPT aan kliënte probeer hy die vragmotors wat al die langste wag, eerste help, en ekstra toerusting is ontplooi na die blokke opgestapelde vraghouers waar die vertragings die grootste is.

Die vragversendingsagentskap Seatram het ook kliënte gewaarsku om vertragings met die afhaal van ingevoerde vrag en die aflaai van uitvoervrag te verwag, en dat besprekingsgleuwe vir die af- of oplaai van vrag in Durban nie maklik beskikbaar word nie.

Dit volg op die kuberaanval wat TPT se IT-stelsel vir sowat ’n week verlam en aansienlike ontwrigting in die hele land se logistieke stelsel veroorsaak het.

Transnet het Maandag die force majeure-klousule opgehef wat hy op 27 Julie ingestel het, maar daar was teen Dinsdag nog sowat 8 000 opgehoopte vraghouers in die Durbanse hawe. Dié klousule vrywaar ’n onderneming van eise deur teenpartye wanneer ’n onvoorsiene gebeurtenis plaasgevind het waaroor hy geen beheer gehad het nie.

Meer oor:  Transnet  |  Durban-Hawe  |  Tnpa  |  Kuberaanval  |  Hawens  |  Vragskepe  |  Kuberkrakers  |  Vragvervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.