Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
KYK: Volkswagen kondig einde van Kewer aan
Die Volkswagen Kewer word wyd beskou as een van die mees ikoniese motors ooit. Foto: Getty Images

Die bekende Volkswagen Volla het die einde van die pad bereik.

Die Duitse motorvervaardiger het Donderdag aangekondig die laaste Volkswagen Kewer gaan in 2019 vervaardig word.

Die oorspronklike VW Beetle is in die 1930’s ontwikkel as ’n simbool van Adolf Hitler se idee van ’n nuwe, “demokratiese” Duitsland.

Intussen is daar meer as 21 miljoen Kewers in 19 fabrieke wêreldwyd vervaardig.

Volkswagen het aanvanklik in 1979 opgehou om die oorspronklike Volla te vervaardig voordat die “nuwe Kewer” in 1998 bekend gestel is.

Dié nuwegenerasie-Volla is aanvanklik goed ontvang met meer as 80 000 motors wat binne ’n jaar in Amerika verkoop is.

Teen 2018 het dié syfer egter tot net meer as 11 000 gekrimp.

Volkswagen gaan die einde van die Kewer met ’n spesiale uitgawe van die ikoniese motor genaamd die “Final Edition” vier.

In ’n verklaring sê Hinrich Woebcken, hoof van Volkswagen in Amerika, dat die vervaardiger hom nou op elektriese motors gaan toespits en dat daar tans geen planne is om ooit weer ’n Kewer te vervaardig nie.

Hier is ’n keur van foto’s van die Kewer oor die afgelope sewe dekades.

Die idee vir die eerste Kewer het gespruit uit Adolf Hitler se droom van ’n demokratiese Duitsland waarin elke inwoner ’n motor besit. Hier is die Nazi-leier saam met dr. Ferdinand Porsche, ontwerper van die splinternuwe “volksmotor”. Foto: Getty Images
Die Volkswagen-fabriek in Wolfsburg, Duitsland, in 1956.Foto: Getty Images
Die ikoniese Kewer van die vroeë 1960’s.Foto: Getty Images
Die eerste “nuwe Kewer” wat in 1999 bekend gestel is nadat Volkswagen die vervaardiging van die ou model in 1979 gestaak het.Foto: Getty Images
So het Volkswagen se “nuwe Kewer” in 2011 gelyk.Foto: Getty Images

Meer oor:  Volkswagen  |  Beetle  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.