Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
KYK: Volkswagen spog met ‘nuwe’ embleem

Volkswagen het met trots sy “nuwe” embleem op die Frankfurtse motorskou in Duitsland bekend gestel.

Die nuwe Volkswagen-embleem is vereenvoudig.Foto: Volkswagen

“Dié groot opgradering lui ’n nuwe fase in vir Volkswagen wat innoverend, outentiek, meer digitaal en in pas is met die wêreld,” sê die maatskappy in ’n verklaring.

Jürgen Stackmann, direkteur verantwoordelik vir bemarking en verkope by Volkswagen, sê die nuwe handelsmerk pas by die nuwe produkte en inhoud wat hy vir kliënte bied.

Deel van die nuwe handelsmerk is ’n digitale platform waarmee hy met kliënte kommunikeer.

Die nuwe Volkswagen-embleem soos dit op ’n motor sal lyk.Foto: Volkswagen

Die nuwe embleem is nes voorheen ’n ronde sirkel met die alombekende VW daarbinne. Dit skep egter nou nie meer ’n driedimensionele effek soos sy voorganger nie. Dit is ook eenvoudiger en die lyne is dunner. Volkswagen gebruik nou wit, donker- en ligte blou as sy kleure.

Die nuwe embleem gaan binnekort ook sy verskyning in Suid-Afrika maak. Volkswagen het bevestig dit sal op sy nuwe T-Cross-nutsvoertuig verskyn, wat op 21 en 22 September by Montecasino in Fourways, Johannesburg, bekend gestel gaan word.

’n Vorige weergawe van die Volkswagen-embleem op die alombekende “Volksiebus”. Foto: Pixabay

Teen die einde van September sal Volkswagen Suid-Afrika se webtuiste ’n nuwe baadjie aantrek en sal die nuwe handelsmerk dan daar gebruik word. Die embleme by plaaslike handelaars sal ook dan opgegradeer word. Volkswagen sal sowat 70 000 embleme by meer as 10 000 kleinhandelaars, kantore en ander plekke in 171 lande moet vervang.

Die laaste keer toe Volkswagen sy embleem verander het, was in 2012. Dit is reeds die 13de keer sedert 1937 dat Volkswagen sy embleem herontwerp.

’n Twiet deur Aircooled Life wys hoe die handelsmerk oor die jare verander het.

Meer oor:  Volkswagen  |  Motor  |  Motorvervaardigers  |  Motorvervaardiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.