Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
KYK: Yster-uitvoer ontspoor

’n Ongeluk teen ’n treinbrug aan die Weskus beteken Suid-Afrika kan tans geen ystererts uitvoer nie en kan honderde miljoene rande se verliese ly.

Die ongeluk wat veroorsaak het dat die Sishen-Saldanha-spoorlyn vir minstens 'n week sal stilstaan. Foto: Facebook

Die Sishen-Saldanha-spoorlyn is gesluit ná ’n ongeluk Woensdagoggend waarin ’n vragmotor met ’n graafmasjien teen ’n treinbrug tussen Vredendal en Lutzville op die Holrivierpad gebots het.

Hier is die treinbrug getref.

Transnet sê die aanvanklike aanduidings is dat die brug herbou moet word om te verseker dat die Sishen-Saldanha-ysterertsspoorlyn, een van die langste swaarvragspoorlyne ter wêreld, in ’n veilige toestand is.

Transnet het bevestig die spoorlyn sal volgende Sondag 9 Desember weer vir spoorbedrywighede oopgestel sal word. Molatwane Likhethe, Transnet-woordvoerder, sê aanvanklik is gemeen die herstelwerk sal 14 dae duur, maar 'n nuwe beraming Vrydagoggend het gewys die herstelwerk sal vroeër voltooi kan word.

sishen saldanha
Hier lê die graafmasjien wat agterop die vragmotor was.

Volgens ’n werknemer van Transnet probeer hulle daagliks om sewe treine op die spoor te laat loop, met elke trein wat 41 000 ton ystererts aanry. Dit beteken meer as 2 miljoen ton erts sal nie in die volgende week vervoer kan word nie.

Só is die spoor beskadig.Foto: Facebook

Daar word maandeliks tussen R2,5 miljard en R3,7 miljard se ystererts vanaf Suid-Afrika uitgevoer.

Volgens Likhethe het die Saldanhabaai-hawe genoeg ystererts-voorraad om uitvoer vir die volgende sewe dae vol te hou.

Die ongeluk wat veroorsaak het dat die Sishen-Saldanha-spoorlyn vir minstens 'n week sal stilstaan.Foto: Facebook

“Transnet het reeds kliënte wat geraak word en wie se vrag op die lyn vervoer word in kennis gestel en sal aanhou om bywerkings te gee oor die herbou van die brug,” sê Likhethe.

’n Werknemer van Transnet wat op voorwaarde van anonimiteit praat, sê diegene wat op die Sishen-Saldanha-spoorlyn werk, sit al van Woensdag af by die huis. “Dit beïnvloed ook ons salarisse. Ons verloor baie oortyd.”

Kumba Iron Ore, wat ystererts by die Sishen- en Kolomela-myn in die Noord-Kaap myn, werk saam met Transnet om die probleem op te los.

Die ongeluk wat veroorsaak het dat die Sishen-Saldanha-spoorlyn vir minstens 'n week sal stilstaan.Foto: Facebook

Volgens Kumba kan ’n tydelike brug ’n oplossing bied. Dié maatskappy sê Transnet het onderneem dat so ’n tydelike spoorlyn teen 9 Desember oopgestel kan word.

Kumba sê hulle bly vol vertroue dat hulle steeds hul produksie- en uitvoerteikens vir 2018 sal bereik.

Meer oor:  Transnet  |  Staalbedryf  |  Ystererts  |  Yster  |  Uitvoer  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.