Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Lang vakansie rem Pep, Ackermans se verkope

Die langer skoolvakansie en skerp verhogings in pryse het ’n negatiewe uitwerking op die verkope van Pep en Ackermans gehad.

Pepkor, die moedermaatskappy van die twee kettingwinkels, het in sy handelsoorsig vir die kwartaal tot einde Desember gesê Pep en Ackermans se verkope het met 6% gestyg.

Uitgesluit nuwe winkels wat sedert die vorige jaar geopen is, het verkope met 3% gestyg.

“Die verkope is negatief geraak deur die verskuiwing van skoolklereverkope van Desember 2019 tot Januarie 2020 as gevolg van skole wat vanjaar later begin het,” lui Pepkor se verklaring.

Pryse het gemiddeld met 9% gestyg vir klere, skoene en huishoudelike produkte weens skommelings in die wisselkoers.

Dit is vergeleke met pryse wat in die ooreenstemmende kwartaal einde 2018 met net 1,6% gemiddeld gestyg het.

“Die aantal eenhede wat verkoop is, het gevolglik gedaal.”

Pepkor het in die kwartaal sy inkomste met 7,6% tot R20,9 miljard verhoog.

Volgens die groep het sy kettingwinkels wat klere, skoene en huishoudelike ware verkoop, hul markaandeel suksesvol behou en uitgebrei.

Volgens Pepkor het Pep en Ackermans nieteenstaande die prysverhogings hul posisie as prysleiers in die deel van die mark waar hul betrokke is, gehandhaaf.

In die res van Afrika het Pep Africa, wat 3% tot die groep se inkomste bydra, die invloed van swak wisselkoerse gevoel. Die verkope in die res van Afrika het in randterme met 13% gedaal en in die lande se eie wisselkoerse met amper 3%.

Die afdeling wat Pepkor Speciality genoem word, se verkope het uitgesluit nuwe winkels gedaal met 0,6%. Dit is toegeskryf aan verbruikers wat remme aanslaan met aankoop van skoene in die huidige ekonomiese toestande, omdat dit duurder produkte is.

Pepkor sê Tekkie Town, wat ingesluit is in dié afdeling, fokus nog daarop om sy voorraad en ander ondoeltreffendhede in die onderneming te verbeter.

In Januarie is daar sterker verkope ondervind weens die verskuiwing van die aankope van skoolklere.

“Relatief tot ander presteer Pepkor steeds goed in die huidige kleinhandelomgewing, wat die suksesvolle uitvoering van sy strategie met die waarde wat aan verbruikers gebied word, toon.”

Meer oor:  Steinhoff  |  Pepkor  |  Pep  |  Ackermans  |  Meubelhandel  |  Kleinhandelaars  |  Klerekleinhandel  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.