Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Laurie Dippenaar tree uit by firma wat hy begin het

Sewe nie-uitvoerende direkteure van RMB Holdings (RMH), onder hulle twee van RMH se medestigters, Laurie Dippenaar en Paul Harris, het bedank.

Laurie Dippenaar, medestigter van die maatskappy wat FirstRand begin het.

Dit spruit uit RMB se ontknoping van sy 34%-belang in FirstRand begin Junie. Die plan gaan voort om die res van RMH, wat uit aandele in eiendomsfirmas soos Atterbury bestaan, mettertyd te verkoop en RMH te denoteer.

Jannie Durand, ook die uitvoerende hoof van Remgro, bedank ook. Hy was voorsitter van die direksie.

Dippenaar was in 1977 saam met Harris en GT Ferreira medestigter van Rand Consolidated Investments, die maatskappy wat FirstRand voorafgegaan het. FirstRand besit FNB, RMB, WesBank, Aldermore en Ashburton Investments.

Die onderneming wat hulle opgebou het, het ook later Momentum gekoop en Discovery en Outsurance begin. RMH se sustermaatskappy, Rand Merchant Investment Holdings (RMI), besit steeds 89% van Outsurance, 25% van Discovery en 27% van Momentum Metropolitan.

Die ander direkteure wat uitgetree het, is Johan Burger, Ralph Mupita, David Frankel en Francois Knoetze. Frankel en Knoetze was plaasvervangende direkteure.

Mupita is MTN se finansiële hoof en voormalige uitvoerende hoof van Old Mutual Emerging Markets (die maatskappy wat Old Mutual Bpk. voorafgegaan het).

Sonja de Bruyn is as tussentydse voorsitter van die direksie aangewys tot die maatskappy se jaarvergadering in Desember.

Murphy Morobe is die leidende onafhanklike direkteur.

Die RMH-direksie bestaan nou uit De Bruyn, Morobe, Herman Bosman (uitvoerende hoof), Peter Cooper, Albertinah Kekana, Udo Lucht, Mamongae Mahlare, James Teeger en Obakeng Phetwe (plaasvervangend). Cooper gaan nie in Desember herkiesbaar wees nie.

Die maatskappy het Dippenaar en Harris uitgesonder vir ’n “spesiale woord van dankbaarheid”. As medestigters het hulle 32 jaar op die direksie gedien.

Meer oor:  Rmb  |  Rmh  |  Rmb Holdings  |  Firstrand  |  Laurie Dippenaar  |  Banke  |  Finansiële Dienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.