Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Leefstyl-oudits vind niks oor OBK-baas Dan Matjila

Geen bewyse van misdaad is in ’n leefstyloudit gevind wat die ouditgroep PwC op vyf vorige amptenare by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) gedoen het nie.

Dan Matjila
Dr. Dan Matjila Foto: Elvira Wood

Dit sluit dr. Dan Matjila, vorige uitvoerende hoof, asook Mondli Gungubele, vorige voorsitter en vorige adjunkminister van finansies, in.

Adv. Jannie Lubbe, getuienisleier by die Mpati-kommissie van ondersoek na die OBK, het Dinsdag regter Lex Mpati ingelig oor die uitslag van PwC se leefstyloudits.

Dit was die eerste keer dat die resultate aan die kommissie voorgelê is.

Die OBK belê die aftreegeld van duisende staatsamptenare en bestuur ook die geld van die Werkloosheidsversekeringsfonds en die Vergoedingsfonds. Die kommissie ondersoek bewerings van korrupsie en wanbestuur by die OBK.

Matjila is by beweerde wangedrag betrek in anonieme e-posboodskappe wat deur ’n fluitjieblaser onder die skuilnaam James Nogu gestuur is. Matjila het Maandag sy getuienis van 12 dae voor die kommissie afgesluit, en het ontken dat hy enigiets verkeerd gedoen het.

Adv. Geoff Budlender het ’n verslag opgestel oor die bewerings in die e-posboodskappe, en het bevind dit is duidelik uit die inhoud die skrywer was of is in diens van die OBK, of het kontakte en inligtingsbronne binne die OBK.

Op grond van die bewerings is PwC gevra om ’n leefstyloudit te doen op Matjila, Gungubele, asook die vorige direkteure Sibusisiwe Zulu en Dudu Hlatshwayo, en op Matshepo More, ’n vorige finansiële hoof. Volgens Lubbe het almal vrywillig saamgewerk in die oudit.

Volgens Lubbe was daar geen aanduiding van enige misdadige gedrag by enige van die individue nie, en is daar nie bewyse gevind vir die bewerings in Nogu se e-posboodskappe nie.

Mpati moet nog besluit of die persoonlike besonderhede van die vyf in PwC se ondersoek openbaar gemaak sal word.

Dit blyk die ware identiteit van die skrywer van die e-posboodskappe kon nog nie vasgestel word nie. Volgens Lube het die ondersoek nou al sy sesde ondersoeker, en daar is min hoop dat enigiets daarvan sal kom.

Lubbe het gesê die Valke kon nie uitvind wat die bron was van die doodsdreigemente wat Lubbe en getuies voor die kommissie, insluitend Matjila, ontvang het nie.

Die volledige berig op fin24.com is hier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.