Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Lewis se aandeelprys skiet met 17% op

Stewige groei in kontantverkope regoor die Lewis-groep se handelsnaamwinkels het hom goed te pas gekom.

Lewis
Die Lewis-groep besit Lewis Stores, Beares, Best Home and Electric, UFO en Inspire.

Die meubelwinkelgroep verwag nou dat sy verdienste per aandeel vir die boekjaar tot einde Maart met tussen 138% en 158% beter gaan wees as ’n jaar gelede.

Beleggers wat juig oor die nuus, het die aandeelprys op die JSE met ’n hele 17% tot R33,95 laat klim.

Lewis, wat Lewis Stores, Beares, Best Home and Electric, UFO en Inspire besit, verwag sy wesensverdienste vir die boekjaar sal tussen 116% en 136% beter wees as die R204,5 miljoen wat hy ’n jaar gelede behaal het.

Ondanks die eerste kwartaal van sy boekjaar wat deur die eerste streng inperkings van die Covid-19-pandemie geraak is, het die groep ’n goeie bedryfsvertoning gelewer.

Die nege maande tot einde Desember het goeie voorraadverkope behaal, en die momentum daarvan is na die vierde kwartaal tot einde Maart oorgedra.

Lewis se debiteureboek verbeter ook algaande, met ’n toename in rekeninge wat voldoende vereffen word. Invordering van skuld het ook stelselmatig verbeter namate die inperkings verslap is.

Die koste om skuld in te vorder het ook aansienlik verlaag vergeleke met die vorige boekjaar toe voorsiening gemaak moes word vir R189,5 miljoen se bykomende afskrywings van slegte skuld.

Gevolglik het sy bedryfswins meer as verdubbel, het Lewis Woensdag gesê.

Hy maak op 27 Mei sy jaarresultate bekend, maar verwag dat verdienste per aandeel met soveel as 158% kan styg tot tussen R5,53 en R6. Sy wesensverdienste per aandeel kan na verwagting met tussen 127% en 147% tot tussen R5,90 en R6,43 styg.

Meer oor:  Lewis  |  Beares  |  Meubelhandel  |  Kleinhandelaars  |  Meubels  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.