Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Liberty verseker weer: Niemand het geld verloor

Die versekeraar Libertysê nie een van sy kliënte het verliese gely toe kuberkrakers vroeër vanjaar van sy inligting gesteel het nie.

David Munro, uitvoerende hoof van Liberty. Foto: Deaan Vivier

Die maatskappy het dié aankondiging gemaak toe hy Donderdag sy halfjaarresultate tot einde Junie op die JSE se nuusdiens, Sens, uitgereik het.

“Iemand van buite het in Junie ongemagtigde toegang tot ons rekenaarinfrastruktuur gekry en van ons data gesteel. Net ons Suid-Afrikaanse bedrywighede is aan die inbraak blootgestel en dit het meestal verband gehou met data in die vorm van e-posse en aanhangsels.”

’n Strafregtelike ondersoek is daarna gedoen.

Liberty het goeie nuus vir sy kliënte en beleggers. Hy het ’n tussentydse dividend van R2,76 per aandeel verklaar. Sy genormaliseerde wesensverdienste per aandeel het met 6% tot R4,82 gestyg teenoor ’n jaar gelede.

Liberty, wat deel vorm van die Standard Bank-groep, is besig met ’n finansiële herstelprogram onder leiding van David Munro, sy uitvoerende hoof.

Munro sê dit is duidelik dat Liberty weer op die regte pad is wat sy verdienste betref, maar die maatskappy ervaar nog groot druk, veral weens swak ekonomiese groei in die land.

Hy sê Liberty verwag dat die aantal nuwe polisse wat hy verkoop, vir eers onder druk gaan bly.

Liberty het R719 miljard se bates onder bestuur.

Sy aandeelprys het kort ná 12:00 op die JSE bykans 2% hoër teen R1,63 per aandeel verhandel.

Meer oor:  Standard Bank  |  Liberty  |  David Munro  |  Kuberkrakers  |  Lewensversekering  |  Bankbedryf  |  Batebestuur  |  Versekeraars  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.