Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Liberty verwag 54 000 kan in SA aan Covid-19 sterf
Die versekeraar Liberty verwag dat tot 54 000 Suid-Afrikaners aan Covid-19 kan sterf. Foto: Pixabay

Die versekeraar Liberty verwag dat tot 54 000 Suid-Afrikaners aan Covid-19 kan sterf.

Yuresh Maharaj, finansiële hoof, het dié syfer Woensdagoggend bekend gemaak as deel van sy voorlegging van Liberty se resultate vir die halfjaar tot einde Junie.

Maharaj sê Liberty het verskeie syfers en modelle gebruik om by dié getal te kom, wat hul huidige verwagte nasionale sterftesyfer is vir die duur van die pandemie.

Teen Woensdag was die amptelike dodetal weens Covid-19 op 8 884.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het in Mei voorspel dat die sterftesyfer tussen 40 000 en 48 000 kan wees.

Maharaj sê in die lig van die hoë getal oormaatsterftes vanjaar, het Liberty vertroue in die berekening wat hy nou gemaak het. “Oormaatsterftes” verwys na die verskil tussen historiese gemiddelde sterftes in ’n gegewe tydperk soos aangemeld by die departement van binnelandse sake en die huidige sterftes in die ooreenstemmende tydperk.

Dit help om ’n vollediger prentjie oor sterftes te skets as bloot die bevestigde sterftes aan Covid-19.

Die Mediese Navorsingsraad het onlangs navorsing bekend gemaak wat wys tussen 6 Mei en 7 Julie was die oormaatsterftes in Suid-Afrika 10 994.

Maharaj sê dié syfer is een van die redes waarom Liberty besluit het om R3 miljard se reserwes opsy te sit vir Covid-19-verwante kwessies.

Liberty het op 27 Julie gesê hy tref voorsorg vir die gevolge van die pandemie, wat “oormaatsterftes, oormatige onttrekkings, kliënte wat nie polisse betaal nie en uitgawes regstreeks toeskryfbaar aan die pandemie” insluit.

Daar is op die reserwebedrag besluit deur te kyk na “werklike infeksies uit amptelike statistieke en ouderdomsgegronde sterftes aan Covid-19, soos blyk uit gepubliseerde navorsing”.

Maharaj sê hoewel Liberty nog nie ’n beduidende styging in eise gesien het weens Covid-19-sterftes nie, verwag hy dat so ’n styging in die volgende 12 tot 18 maande sal realiseer.

Op die vraag of kliënte polisse kanselleer, sê Maharaj dit is ook nie tot dusver die ervaring nie. Kliënte het wel betalingsvakansies aanvaar op altesame sowat 100 000 polisse.

Maharaj sê Liberty hou die ontwikkeling van die pandemie dop en sal sy vooruitsigte waar nodig aanpas.

Meer oor:  Nios  |  Liberty  |  Covid-19  |  Maatskappye  |  Koronavirus  |  Versekeraar  |  Sterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.