Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Life Healthcare se wins in SA geknou

Die hospitaalgroep Life Healthcare se aandeelprys het Woensdag met 6% gedaal nadat ’n handelsoorsig uitgereik is wat getoon het sy wins het in die halfjaar tot einde Maart in Suid-Afrika onder druk gekom.

Die groep verwag sy inkomste in Suid-Afrika, wat sy grootste bydraer is, gaan met tussen 4,6% en 6,4% van die ooreenstemmende halfjaar se R8,3 miljard styg.

Die inkomste spruit uit die inkomste per dag waarvoor pasiënte betaal het wat met 5,9% gestyg het.

Die totale dae waarvoor betaal is, het egter met 0,3% gedaal. Dit is toegeskryf aan die stiller Desember en Januarie vir hospitale en minder opnames vir asemhalingsprobleme en ’n daling in prosedures om inwendige ondersoeke te doen.

Die genormaliseerde bedryfswins uitgesluit finansieringskoste en waardevermindering (ebitda) kan dalk met -2,9% in Suid-Afrika daal of met net 1,9% styg.

Die ebitda-marge is onder druk oor die minder dae waarvoor pasiënte in die hospitale betaal het.

Die resultate word einde Mei uitgereik.

Life Healthcare se aandeelprys het op R26 gesluit.

Meer oor:  Life Healthcare  |  Hospitaalgroep  |  Hospitaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.