Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Lift se vliegtuie styg gou weer op

Twee van die land se laekostelugdienste het vandeesweek aankondigings oor hul vlugroosters gemaak.

Die laekostelugdiens Lift vlieg weer vanaf 1 Augustus.

Besprekings op Lift, een van land se mededingers in die laekostelugdiensbedryf, is reeds hervat, terwyl Mango Dinsdagoggend op kort kennisgewing sy vlugte moes staak.

Volgens Lift, wat in Desember met sy vlugte begin het, is besprekings vir vlugte vanaf 1 Augustus tussen Johannesburg en Kaapstad nou oop.

Lift het vroeër vandeesmaand besluit om eers sy vlugte te staak kort nadat pres. Cyril Ramaphosa die land na ’n aangepaste vlak 4 van die inperking geskuif het en onder meer reisbeperkings na en van Gauteng ingestel het.

Mango, wat aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) behoort, het Dinsdagoggend bekend gemaak dat sy vlugte weens agterstallige betalings aan die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) wéér tydelik gestaak is.

LEES OOK: Mango se vlugte wéér ‘tydelik’ opgeskort

Lift word besit deur Global Aviation, wat deel is van die Takatso-konsortium wat die meerderheidsbelang in die SAL en dus ook in Mango bekom het. Gidon Novick is die medestigter van Lift. Hy het ook Kulula in 2001 begin.


Meer oor:  Lift  |  Inperking  |  Vlugte  |  Covid-19  |  Reis  |  Staat Van Inperking  |  Lugdienste  |  Koronavirus  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.