Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hof beslis eers dán oor Steinhoff se likwidasie

Die aansoek wat gebring is om Steinhoff International Holdings N.V. te likwideer, gaan in September aangehoor word.

Braam van Huyssteen, voormalige eienaar van Tekkie Town. Foto: Jaco Marais

Die applikante in die aansoek is die voormalige eienaars van Tekkie Town, insluitende Braam van Huyssteen, stigter, en Bernard Mostert, voormalige uitvoerende hoof.

Die aansoek is gebring teen die beheermaatskappy van die groep, Steinhoff International Holdings N.V., wat in Nederland opgerig en in Suid-Afrika as ’n eksterne maatskappy geregistreer is.

Die partye het volgens ’n konsepbevel vandeesweek voor regter Vincent Saldanha ooreengekom waarvolgens die aansoek op 1 en 2 September aangehoor word.

Steinhoff het dit Woensdag in ’n verklaring bevestig.

Die respondent moet teen 25 Junie sy beantwoordende eedsverklaring indien.

Die partye wat wil ingryp in die aansoek om dit teen te staan of te ondersteun, moet hul aansoeke en hofstukke ook teen dié datum indien.

Twee partye is reeds in die hofbevel geïdentifiseer wat aangedui het hulle wil ingryp.

Dit is die administrateurs wat deur die Amsterdam-distrikshof in Nederland aangestel is vir die opskorting van ’n betalingsproses wat Steinhoff daar begin het.

Steinhoff het op 15 Februarie ’n hofbevel in Nederland verkry om met dié proses te begin.

Steinhoff beoog om kragtens dié proses en ’n reëlingskema wat in Suid-Afrika ingevolge die Maatskappywet begin is, ’n internasionale skikking van eise teen hom te bekom.

Die ander party wat reeds aangedui het die likwidasie gaan teengestaan word, is deur die groep wat in die skikkingsvoorstel as die finansiële krediteure aangedui word.

Meer oor:  Steinhoff  |  Tekkie Town  |  Bedrog  |  Hof  |  Steinhoff International  |  Likwidasie  |  Meubelhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.