Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Likwidasies spring met 53% in April

Die getal likwidasies was in April 53% hoër as in die ooreenstemmende maand verlede jaar op 173 likwidasies landwyd – 60 meer as ’n jaar gelede.

Company liquidation concept. File and tabs with th
Gedwonge likwidasies was in April vanjaar die tweede hoogste die afgelope jaar. Foto: iStock

Dit bring die getal likwidasies sedert die begin van die jaar op 636 te staan. Dit is 10% meer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Lara Hodes, ’n ekonoom van Investec Bank, sê ondernemings se stryd om oorlewing duur voort te midde van swak ekonomiese groei wat gekenmerk word deur gedempte vraag en beleggings.

Baie restaurante sluit

Luidens Statistieke Suid-Afrika se data het die sektor handel, spyseniering en akkommodasie, wat restaurante insluit, in April die grootste styging in die getal likwidasies aangeteken.

In dié sektor was daar 41 likwidasies in April, teenoor 21 in April 2018. Die totale getal sedert die begin van die jaar staan nou op 152.

Die grootste getal likwidasies – 49 – kom egter uit die finansiële, versekering-, eiendom- en sakedienstesektor (42 in April 2018). Die totale getal vir die jaar tot einde April is 203.

Die meeste likwidasies in April was vrywillig, maar die 35 gedwonge likwidasies was die tweede hoogste die afgelope jaar.

Die meeste likwidasies die afgelope ses jaar was in 2013, naamlik 2 374. Dit het sedertdien stelselmatig gedaal tot 1 845 verlede jaar.

Sekwestrasies spring ook

Die jongste data toon ook die getal individue en vennootskappe onder finale sekwestrasie in Maart. Ook hier was daar ’n skerp styging van 30% tot 229 vergeleke met 176 in Maart 2018.

Volgens Hodes was die getal sekwestrasies in die eerste kwartaal 29% hoër as in die vergelykende tydperk, ’n aanduiding van die swak stand van Suid-Afrikaanse verbruikers.

“ ’n Merkbare daling in die getal likwidasies en sekwestrasies word nie op mediumtermyn verwag terwyl die vooruitsigte vir ekonomies groei verswak nie.”

Die inligting oor likwidasies word verkry van die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) terwyl dié oor sekwestrasies kom van kennisgewings in die Staatskoerant van die meester van die hooggeregshof.

Sekwestrasies toon dieselfde tendens as likwidasies die afgelope jare. Die meeste sekwestrasies was in 2013, naamlik 3 250, waarna dit begin daal het tot die 2 490 verlede jaar.

Meer oor:  Cipc  |  Versekering  |  Restaurante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.