Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Liqui Fruit herroep druiwesap oor glasstukkies daarin
liqui fruit
Pioneer Foods het sy 330 ml-blikkies Liqui Fruit met rooi druiwesap herroep.

Pioneer Foods het sy 330 ml-blikkies Liqui Fruit met rooi druiwesap herroep nadat daar glo glasstukkies in dié produkte beland het.

Die Nasionale Verbruikerskommissie het in ’n verklaring gesê Pioneer Foods het hom in kennis gestel van sy voorneme om dié blikkies koeldrank te herroep.

Die waarnemende verbruikerskommissaris, Thezi Mabuza, het gesê hoewel hulle nog nie ’n volledige kennisgewing ontvang het oor die riglyne van herroeping nie, ondersoek Pioneer Foods steeds die omvang van die probleem.

“Die inligting wat ons het, is dat daar glasstukkies in die produk voorgekom het. Dit hou ’n gesondheidsrisiko in vir verbruikers as dit gedrink sou word. Ons doen ’n beroep op verbruikers wat die produk gekoop het om dit terug te besorg aan die handelaar vir ’n volledige terugbetaling,” het Mabuza gesê.

“Die verbruikerskommissie sal na ontvangs van die amptelike kennisgewing die herroeping van die produk monitor,” het sy afgesluit.

Die beskrywing van die betrokke produk is soos volg:

  • Pioneer voedselprodukkode: 27327
  • Buite-kas strepieskode: 6001240225615
  • Krimppakket strepieskode: 6001240225608
  • Enkele eenheid strepieskode: 6001240225592 - (aan die kant van die blik gedruk)
  • Datum kodering BB 01.04.2021 C TYD en BB 02.04.2021 C TYD.
Meer oor:  Pioneer Foods  |  Herroep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.